SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue2Loyal resistance: Dated or topical? NP van Wyk Louw in conversation with FoucaultNP van Wyk Louw's ideal of justice author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

LOTTER, Casper. 'n Chinese padkaart vir die hervestiging van vrygelate gevangenes: 'n Gevallestudie. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.2, pp.490-506. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n2a6.

Hierdie bydrae is 'n kruis-kulturele oefening, binne 'n filosofiese, interdissiplinêre perspektief, waar gesteun word op die werk van beide Derrida en Lacan oor die verplasing van die betekenaar van sy oorspronklike samehang na 'n vars, vreemde konteks. In die lig van die bewese versuim van hervorming en die onaanvaarbare mislukking van hervestigingspogings in Westerse jurisdiksies (wat Suid-Afrika insluit), word data op uitgesoekte straf- en hervestigingspraktyke in die Volksrepubliek van China ingewin en gekodeer met die oog op die aanbieding van 'n padkaart vir die hervestiging van vrygelate gevangenes op eie bodem. Die uitgesoekte temas wissel van hervestiging tot gevangehouding (in daardie omgekeerde orde). Die data is ingewin by wyse van sekondêre data-analise en gekodeer deur die gebruik van 'n tematiese patroon. Hierdie oefening is geïnspireer deur Braithwaite se belangrike onderskeid tussen hardestigmatiserend-beskamende kulture (Suid-Afrika, die VSA) en integrerend-beskamende kulture (China, Japan). Deur 'n abduktiewe ("abductive") navorsingsbenadering met 'n kultuurvermengingsmetode te verbind, is dit moontlik om data van die Volksrepubliek saam te snoer met waarnemings oor hoe dit bestaande hervestigingstendense in Suid-Afrikaanse pogings tot hervorming van gevangenes kan aanvul. Gegewe die ingewikkelde aard van misdaad, word van 'n interdissiplinêre benadering gebruik gemaak in 'n poging om met behulp van 'n nuwe aanwending van 'n ou teorie en in 'n nuwe konteks 'n beter begrip van misdaad te bekom.

Keywords : kruis-kulturele oefening; uitgesoekte straf; - en hervestigingspraktyke; Volksrepubliek van China; eie bodem; sekondêre data-analise; padkaart; hervestiging van vrygelate gevangenes; Braithwaite se belangrike onderskeid; hardestigmatiserend-beskamende kulture; integrerend-beskamende kulture.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License