SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-1Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different? author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

CARSTENS, Adelia. Die rol van handgebare in oudiovisuele aanbiedings van teologiestudente: Belyning van teorie en praktyk. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.959-986. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a2.

Kommunikasie in die 21ste eeu het grootliks multimodaal geword. 'n Verskeidenheid primêre modusse, byvoorbeeld geskrewe teks, mondelinge vertelling, beweging, kleur, klank en musiek, word ook elektronies "vertaal" en sekondêr deur rekenaars, selfone en tablette afgelewer. Een van die genres wat gekenmerk word deur multimodaliteit is oudiovisuele aanbieding. In studente se aanbiedings is spraak gewoonlik die primêre modus, en word aangevul deur teks, animasie (beweging), foto's en kleur. Die mondelinge aanbieding tree as deel van 'n multimodale ensemble op, waar die unieke eienskappe van elke modus benut word om betekenis oor te dra. Eers gee ek 'n definisie van die konsep "handgebaar", gevolg deur 'n uiteensetting van algemeen erkende gebareteorieë en tipologieë wat gebare indeel volgens semiotiese gebaretipes, handigheid (links, regs of beide), gekonvensionaliseerde handvorme en palm-oriëntasies, en beweging en posisie in die gebareveld. Daarna volg 'n beskrywing van 'n navorsingsprojek wat berus op die analise van ko-taalgebare in 'n korpus van 17 gevideo-graveerde mondelinge aanbiedings deur teologiestudente. Die artikel word afgesluit deur puntsgewyse advies vir die gebruik van gebare in studente se oudiovisuele aanbiedings. Die advies is sowel gegrond op teorieë en tipologieë van gebare as op die analise van die korpus. Waar dit relevant is, word verwys na handleidings oor kommunikasie en openbare redevoering.

Keywords : lyftaal; deiktiese teken; handgebaar; ikoon; metafoor; slagbeweging; diskoersgebaar; embleem; multimodaliteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License