SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-1Another translation of the Bible in Afrikaans: What makes it different?The Old Testament in the 2020 Afrikaans translation: Some contentious issues author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

VAN DER MERWE, Linette. 'n Verkenning van multimodale metafore in die poësiefilm Stad in die mis (Opperman). Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1020-1038. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a4.

Visuele kunstenaars, uitvoerende kunstenaars en literêre kunstenaars het mekaar oor die eeue heen geïnspireer. Jonckheere (1989) noem dit 'n oeroue verbintenis en Vanbrussel (1972) is van mening dat die produk wat geskep word vanweë die inspirasie as 'n tipe vertaling, transponering en ondersoek na dieper betekenis beskou moet word. Die poësiefilm as 'n vorm van 'n vertaling van die woordteks na 'n beeldteks, kan benader word as 'n hibriede, trans-dissiplinêre en multimodale kunsvorm wat die poësie en film met mekaar verbind. In die besonder geanimeerde poësiefilms bied 'n vrugbare ontdekkingsveld vir die verkenning van multimodale metafore. Die draai van die millennium het 'n toename in die belangstelling in die ondersoek van multimodale kommunikasie met betrekking tot die onderskeie semiotiese modusse teweeggebring. Forceville (2015) is van mening dat animasiefilms ideaal is vir die ondersoek van beeldskemas wat op multimodale metafore betrekking het. Die keuse van die poësiefilm as toepassingsdomein stel in die vooruitsig dat kennis ontwikkel word met betrekking tot multimodale metafore in Jac en Wessel Hamman se poësiefilm van DJ Opperman se "Stad in die mis".

Keywords : Poësiefilm; geanimeerde poësiefilm; poësiemetafoor; konseptuele metafoor; monomodale metafoor; multimodale metafoor; semiotiese metafoor; multimodaliteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License