SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-1What does the Greek say? - Spotlight on translation problems the New Testament posesTranslators cross swords! Translation problems relating to the sword as a weapon in 1 and 2 Maccabees author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Tydskrif vir Geesteswetenskappe

    On-line version ISSN 2224-7912Print version ISSN 0041-4751

    Abstract

    SAAL, Elvis  and  FOURIE, Annamarie. "dit en dat" en "al daai goed": 'n Korpuslinguistiese ondersoek na pragmatiese merkers in gesproke Afrikaans. Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-1, pp.1112-1128. ISSN 2224-7912.  https://doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-1a8.

    Pragmatiese merkers is 'n frekwente verskynsel van gesproke taal. Daar is egter nog baie min studies onderneem na pragmatiese merkers in Omgangsafrikaans. Pragmatiese merkers tree op as belangrike kontekstualiseringswenke deurdat dit gespreksgenote rig in terme van die relevansie van die uiting, en die spreker in staat stel om, op bondige wyse, 'n houding teenoor die proposisie van die uiting te openbaar. In hierdie studie word gefokus op 'n bepaalde tipe pragmatiese merker, naamlik vaekategoriemerkers (VKM's). Vaekategoriemerkers in Afrikaans is 'n meerwoordige leksikale eenheid, of woordkluster, wat as pragmatiese merker optree, byvoorbeeld "en goed" en "of iets". Hierdie ondersoek het ten doel om aan die hand van korpuslinguistiese metodes te bepaal watter vaekategoriemerkers in Omgangsafrikaans gebruik word en watter pragmatiese funksies dit verrig.

    Keywords : pragmatiese merkers; vaekategoriemerkers; relevansieteorie; pragmatiek; korpuslinguistiek; skermers; vae taal; kwaliteitsbeginsel; kwantiteitsbeginsel; hoflikheidstrategieë.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )