SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.61 issue4-2The Bailie's Party trilogy: Karel Schoeman (and MD Nash) and the 1820 British SettlersA generalised model to measure brand loyalty author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

KOTZE, Hercülene  and  WIERENGA, Rone. 'n Oorsig oor die ontwikkeling en waarde van Interpreting Research in South Africa (IRSA). Tydskr. geesteswet. [online]. 2021, vol.61, n.4-2, pp.1397-1415. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2021/v61n4-2a10.

IRSA (Interpreting Research in South Africa) is 'n omvattende databasis wat bestaan uit 279 bronne oor tolknavorsing in Suid-Afrika of wat deur Suid-Afrikaanse tolknavorsers geproduseer is. IRSA sluit publikasies vanuit die tydperk 1968 tot 2020 in en poog om so inklusief en omvattend moontlik te wees. IRSA het ten doel om die vertrek- en sentraleverwysingspunt vir navorsing oor tolking in Suid-Afrika te wees deur die relevante wetenskaplike publikasies gratis en op een plek beskikbaar te stel. Hierdie artikel bied 'n oorsig oor a) die totstandkoming en ontwikkeling van só 'n databasis met klem op die werkwyse wat toegepas is om die akkuraatheid van die databasis te verseker, b) die publikasies wat by IRSA ingesluit is en die oorhoofse navorsingstendense wat sedert 1968 waargeneem word, en c) die toekoms, instandhouding en voordele wat IRSA vir tolknavorsers in Suid-Afrika kan inhou.

Keywords : bibliometriese studies; tolknavorsing; bronne vir tolknavorsing; tolking databasis; tendense in tolknavorsing; Suid-Afrika.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License