SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.62 issue2"The pot boils all over": NP van Wyk Louw, Johannes Degenaar and Afrikaans decolonisationThe deed reveals (im)morality author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BOTHA, Zelda  and  DREYER, LM. Digitale tegnologie as alternatiewe benadering tot onderrig van vaardighede vir leerders met erge intellektuele gestremdheid. Tydskr. geesteswet. [online]. 2022, vol.62, n.2, pp.364-391. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2022/v62n2a6.

Die onderhawige artikel dui aan dat digitale tegnologie vaardigheidsontwikkeling van leerders met erge intellektuele gestremdheid op so 'n manier aanpak dat hulle ook sukses ervaar en tot verhoogde selfvertroue lei. Leerders met erge intellektuele gestremdheid is in die verlede as onmoontlik om te leer bestempel en in programme geplaas wat ontwerp is om slegs basiese versorging en veiligheid te voorsien. Navorsing het egter getoon dat hierdie leerders opgelei kan word en vaardighede kan ontwikkel om hul lewenskwaliteit te verbeter. Volgens die literatuur is kennis van leerders met erge intellektuele gestremdheid en digitale tegnologie noodsaaklik vir suksesvolle vaardigheidsontwikkeling. Vyf spesifieke vaardighede wat met behulp van tegnologie aangeleer kan word, sluit onder meer in huishoudelike, ontspannings-en werksvaardighede asook vaardighede vir die buitewêreld en gedeeltelike onafhanklikheid. Hierdie studie is gedoen binne die raamwerk van die verduidelikende-opeenvolgende-gemengde metode van navorsingsontwerp met sosio-konstruktivisme as die filosofiese raamwerk. Data is volgens die verduidelikende-opeenvolgende-gemengde metode ingesamel en geanaliseer. Kwantitatiewe data (digitale aanlyn vraelys) en kwalitatiewe data (groepsonder-houde en semi-gestruktureerde onderhoude) is afsonderlik versamel. Hierdie data is teen die agtergrond van 'n uitgebreide literatuurstudie gestel. Die deelnemers is doelgerig gekies om opvoeders en terapeute by spesiale skole vir leerders met erge intellektuele gestremdheid te verteenwoordig. In ooreenstemming met die navorsingsontwerp is data-analise statisties sowel as tematies gedoen. Bevindinge is daarna geïntegreer en tematies bespreek. Triangulasie is gebruik om die betroubaarheid en geldigheid van die navorsingsbevindings te bevestig. Drie temas het uit die bevindinge na vore gekom, wat die positiewe waarde van digitale tegnologie in die vaardigheidsontwikkeling van leerders met erge intellektuele gestremdheid aandui. Deur die data van die bevindinge met die literatuuroorsig te vergelyk, is verskeie aanbevelings gemaak om die gebruik van digitale tegnologie in spesiale skole te bevorder en te verbeter met spesifieke verwysing na leerders met erge intellektuele gestremdheid. Ten slotte, as 'n uitvloeisel van hierdie navorsing, het die navorser 'n behoefte geïdentifiseer en daarna 'n toepassing (app) geskep vir die ontwikkeling van verpakkingsvaardighede wat benodig word in beskermende (beskutte) arbeidsmarkomgewings vir leerders met erge intellektuele gestremdheid na afloop van hul skoolloopbaan. Hierdie toepassing is binnekort beskikbaar in die Google Speel-winkel sowel as op ander virtuele platforms.

Keywords : digitale tegnologie; erge intellektuele gestremdheid; vaardighede; vaardigheidsontwikkeling; verpakkingsvaardighede; sorteringsvaar-dighede; toepassing (app).

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License