Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Tydskrif vir Geesteswetenskappe
On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751
Tydskr. geesteswet. vol.63 n.1 Pretoria 2023
http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n1a12
GEDIGTE
Afrikaanses
"Ons is geroepe tot 'n groot afspraak met die dood."
Uit Springbokke deur D.J. Opperman.
Dit het gebeur: ons beheer het gesterf.
Kwikstertjies nou wat in klein bossies hou
en met eie veertjies nessies bou
om miskien 'n eie staanplekkie te verwerf?
Rowers
As julle jul huise verlaat en vrolik uitgaan
sal ons hiënas julle goed vat en jul hard slaan,
want ons is baas van die plaas al dink julle nie so nie.
Met die finale instorting sal óns jul land laat vergaan.
Oorlog en ondergang
Die mens streef hoog maar skep ook sy eie ondergang.
Terwyl ons stip meerKAT na die heelal se ontstaan
word Eskomme en Vaaldamme elders plat geskiet.
Wie sal ná armageddon alles weer kan vervang?
'n Flou perd
Wat hul nou probeer is geen verweer
teen Eskom se val wat sal gebeur.
Kragstasies gaan vrek;
slegs die jeug kan red.
Hennie Pieterse
E-pos: hjcpieterse62@gmail.com