SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue3Poverty and human dignity: The magisterium of the Catholic Church on the interaction between the twoAnalysing the contributory role of the accounting profession to save our planet author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

COMBRINK, HJ Bernard. Prof Ernst F Kotzé: Sy rol as taalkundige in Die Bybel: 2020-vertaling. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.3, pp.481-487. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n3a6.

Prof. Kotzé, voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (2003-2012), was vanaf die beginfase van die projek betrokke by die identifikasie van taalkundiges en oorhoofse beplanning. Hy was voorsitter van die Taalkundige Advieskomitee, lid van die Begeleidingskomitee, die Redaksionele Komitees van die Ou Testament en die Nuwe Testament, asook taalkundige in verskeie boekspanne. Vanuit sy breë taalkundige en semantiese agtergrond het hy deurlopend 'n reusebydrae tot die vertaling gelewer. Hy was en bly steeds bereid om noukeurig enige navraag te beantwoord. Met sy talle bydraes op die radio, webblad van die projek en elders, het hy die taalkundige uitdagings verbonde aan die projek helder en verstaanbaar breër bekendgestel.

Keywords : Bybelgenootskap van Suid-Afrika; Bybelvertaling; Begeleidings-komitee; Redaksionele Komitees; Taalkundige Komitee; huisstylgids; taalkundige; Fauna en Flora; sintaks; aanspreekvorms; Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns; Afrikaanse Woordelys en Spelreëls.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License