SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.63 issue4New and old treasures: The 2020 Afrikaans translation of the Bible as a retranslationThe Hebrew base text and the 2020 translation of the Bible in Afrikaans author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

BOSMAN, Jan  and  DUVENHAGE, André. Die Afrikaner-Broederbond en die totstandkoming van 'n onderhandelde skikking: 'n Histories en polities strategiese perspektief*. Tydskr. geesteswet. [online]. 2023, vol.63, n.4, pp.781-803. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2023/v63n4a3.

Die beëindiging van apartheid deur 'n onderhandelde skikking tussen politieke rolspelers, wat gelei het tot die nuwe Suid-Afrikaanse politieke bedeling, word allerweë as merkwaardig beskou. Die proses het nietemin nie in 'n vakuum plaasgevind nie. Ander rolspelers buite die politieke omgewing het 'n pertinente rol gespeel in die verandering in denke in die Afrikaner-establishment om 'n klimaat te skep waarbinne staatkundige hervormings kon plaasvind. Een van die rolspelers was die Afrikaner-Broederbond (AB). Hierdie studie lig die rol van die Afrikaner-Broederbond uit by wyse van 'n historiese stelselanalitiese perspektief as teoretiese model vir die navorsing. Die Afrikaner-Broederbond was vanaf 1948 tot in die vroeë 1990's 'n integrale deel van die Suid-Afrikaanse politieke stelsel. 'n Politieke stelsel word vir die doeleindes van hierdie artikel gedefinieer as die interaksie waardeur waardes gesaghebbend aan 'n gemeenskap toebedeel word. Deur die direkte en indirekte ondersteuning van die Nasionale Party tot in die vroeë 1990's het die Afrikaner-Broederbond as 'n Afrikanerbelange-organisasie en dinkskrum aan die insetkant tot die stelsel 'n pertinente rol gespeel.

Keywords : Afrikaner; Afrikaner-Broederbond; Afrikanerbelange; skikking; basiese staatkundige voorwaardes vir die voortbestaan van die Afrikaner; belangegroep; dinkskrum; onderhandelinge; referendum; stelselanalise; onderhandelde skikking.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License