SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1King Kong adapatations (1959-2017): Transversing culture and society"Realness" in images: The adaptation of verbatim text to stage images with specific reference to tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie (2018) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

PIENAAR, WJ. Bepaling van die verhoogde nasionale inkome wat uit die voorsiening en gebruik van ekonomies lewensvatbare paaie spruit. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.1, pp.67-85. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a4.

Hierdie artikel dui aan hoe die eenmalige verhoging in streeksinkome wat uit investeringsbesteding tydens die bou van 'n pad spruit, en die herhalende bykomende streeksinkome wat uit die gebruik van 'n ekonomies geregverdigde nuwe pad spruit, deur onderskeidelik streeksinkomevermenigvuldigerontleding en streeksinkome-versnellerontleding beraam kan word. Om die effek van die streeksinkomevermenigvuldiger van die uitgawe verbonde aan die bou van 'n pad te bepaal, moet (i) die belastings wat by die bou-uitgawe ingesluit is, as 'n verhouding van die totale bou-uitgawe, (ii) die bedrae geld wat deur projekwerkers gespaar word, as 'n verhouding van die totale bou-uitgawe, en (iii) die besteding aan ingevoerde projekinsette, as 'n verhouding van die totale bou-uitgawe, bepaal word. Ontledings wat bogenoemde drie fondslekkasies uit die kringloop van streeksinkome in ag neem, toon dat die verteenwoordigende inkomevermenigvuldiger van Suid-Afrikaanse bouprojekte vir buitestedelike geplaveide paaie 'n waarde van 4,58 het. Op die beoordelingskaal van inkomevermenigvuldigerwaardes vir die bou van buitestedelike paaie bied dit aan die staat 'n "baie goeie" geleentheid om inkome te genereer, veral as in ag geneem word dat die gemiddelde inkomevermenigvuldiger van besteding in die Suid-Afrikaanse ekonomie 'n waarde van 3,27 het. Die formules waarmee die eenmalige inkomevermenigvuldiger beraam word, word in die liggaam van die artikel uiteengesit. Die herhalende versnelde streeksinkome wat uit die gebruik van 'n ekonomies lewensvat-bare pad spruit, is gelyk aan die produk van (a) die huidige waarde van die herhalende pad-gebruikersvoordele wat uit die gebruik van die pad spruit, en (b) die waarde van die streeks-inkomeversneller van die gebruik van die pad. 'n Streeksinkomeversneller wat as verstekwaarde kan dien in die ekonomiese-impakontleding van 'n ekonomies lewensvatbare geplaveide buitestedelike pad in gevalle waar dit nie haalbaar is om 'n projek-eie versneller te probeer beraam nie, word in die artikel bereken. Die formules waarmee die herhalende-inkomeversneller beraam word, word in die liggaam van die artikel uiteengesit.

Keywords : ekonomiese-impakontleding; streeksinkome-vermenigvuldigerontle-ding; streeksinkome-versnellerontleding; padbouprojek; padinvestering; buitestedelike paaie; belastinglekkasie; besparingslekkasie; invoer-lekkasie; padgebruikerskoste; niepadgebruikerskoste.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License