SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1A critique of normative constructions of age in four intertextually connected texts: Alba Bouwer's Stories van Rivierplaas, Reza de Wet's Diepe Grond and African Gothic, and Etienne Kallos's EersgeboreneOskar en die Pienk Tannie: The journey of an improbable pair from a French to an Afrikaans stage author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

DE KOCK, FJ; WOLHUTER, CC; DE BEER, L  and  POTGIETER, FJ. Religie as vormgewende faktor van onderwys in die BRICS-lande. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.1, pp.86-109. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a5.

'n Onderwysstelsel word deur verskeie samelewingskontekstuele kragte gevorm. Hierdie kontekstuele faktore sluit taal, demografie, geografie, tegnologie, politiek en finansiële en ekonomiese tendense in. Godsdiens is een van die laasgenoemde tendense wat 'n onderwys-stelsel kan beïnvloed. Die BRICS-organisasie bestaan uit Brasilië, Rusland, Indië, Sjina en Suid-Afrika en is 'n supra-nasionale blok wat baie aandag in die openbare sowel as akademiese diskoers oor internasionale politiek en maatskaplike kwessies trek (De Beer, 2017). Godsdiens word wyd geag as 'n omstrede en sensitiewe faktor in onderwysstelsels (sien Van der Walt, Potgieter & Wolhuter, 2010). In hierdie artikel word godsdiens as vormgewende faktor van die onderwysstelsels in die BRICS-lande ondersoek, om die waarde daarvan as 'n aanskouingsles vir Suid-Afrika en ander lande te bepaal. Die BRICS-lidlande is doelbewus vir hierdie navorsing gekies weens die besondere waarde van hierdie lande as vertoonvenster van onderwysstelsels se antwoord op samelewingstendense van die een-en-twintigste eeu. Dokumentontleding is uitgevoer ten opsigte van beleidsdokumente, wetgewing, artikels en staatspublikasies, ten einde inligting in te samel. In die verwerking en interpretasie van inligting is die metableties-vergelykende metode gebruik ten einde beste praktyke ten opsigte van die hantering van godsdiens in die onderwysstelsels vanuit die BRICS-lidlande te identifiseer. Die ondersoek het ernstige tekortkominge in al die BRICS-lande se hantering van godsdiens in onderwys aan die lig gebring. Nie een van die lande se beleid of praktyk slaag die toets, soos gemeet aan die Verenigde Nasies se Handves van Menseregte nie. Die noodsaak van voortgesette navorsing oor die plek van godsdiens in die onderwysstelsels van die wêreld word ten slotte verduidelik.

Keywords : BRICS-organisasie; determinante; onderwys; onderwysstelsels; religie en vergelykende opvoedkunde.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License