SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue1Max-Neef and the structural vulnerability of day labourers in Mbombela and Emalahleni, South AfricaSocial resilience, structural vulnerability and capabilities in Genadendal, South Africa author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Tydskr. geesteswet. vol.64 n.1 Pretoria Mar. 2024

http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n1a10 

GEDIGTE

 

Afrikaanses

 

 

Rou

Snags verdwaal ek in bosse sonder bakens

en loop in sirkels met nat geswete lakens.

Bedags is alle skroewe los. Niks is vas. Alles swewe.

My vrou is dood en ek het niks meer om voor te lewe.

 

In die Bosveld

My jas haak vas aan 'n wag-'n-bietjie bos

en ek dra 'n Atlas deur my rousmart kolos.

'n Koedoe loer na my deur fyn doringtakkies

en by die kampvuur raak my smart las effens los.

 

Aloe variegata (Kanniedood*)

Hierdie kanniedood liefde het ek geplant

in my tuin waar ons twee so bloedrooi blom.

Waarom is die ontydige dood so dom,

want hierdie kanniedood maak hy nie vankant.

* Toeligting: Die aalwyn Aloe variegata stoot sy rooi blomme uit in die ergste droogte. Daarom staan hy in die volksmond bekend as Kanniedood.

Hennie Pieterse

E-pos: hjcpieterse62@gmail.com

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License