SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.64 issue2NP van Wyk Louw (1906-1970) author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Tydskrif vir Geesteswetenskappe

On-line version ISSN 2224-7912
Print version ISSN 0041-4751

Abstract

HOFMEYR, Benda. Nie die einde van die wêreld nie: Eskatologie en tyd in Levinas. Tydskr. geesteswet. [online]. 2024, vol.64, n.2, pp.165-177. ISSN 2224-7912.  http://dx.doi.org/10.17159/2224-7912/2024/v64n2a2.

In hierdie essay word die plek van eskatologie in Levinas se tydsbegrip krities onder die loep geneem. Daar word aangevoer dat Levinas se nadruklike aandrang in Totalité et infini (1961), naamlik dat eskatologie etiese verantwoordelikheid fasiliteer, nie onafhanklik van sy konsep-tualisering van tyd verstaan kan word nie. Eskatologie in Levinas is nie die leer van die laaste dinge nie, maar die verklaring wat Levinas bied vir hoe 'n etiek van alteriteit daartoe in staat is om die mensdom teen die geweld van berekende rede en die druk van politiek en oorlog te beskerm. Hoe eskatologie presies hierin slaag, word uiteengesit aan die hand van Levinas se oorspronklike analises van die vorms en werk van tyd.

Keywords : Levinas; etiese metafisika; etiek; Self; Ander; alteriteit; etiese verant-woordelikheid; eskatologie; tyd; diachronie; spoor; ipseïteit; illeïteit.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License