SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

BURGER, Johanita R.; VAN DER WESTHUIZEN, Elmarie; LUBBE, Martie S.  and  SERFONTEIN, Jan H.P.. Prescribing patterns of medicine classified as 'antidepressants' in South African children and adolescents. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.67-74. ISSN 2071-9736.

Die algemene doelstelling van hierdie studie was om die voorskrifpatrone van middels wat as 'antidepressante' geklassifiseer word (hierna verwys na as slegs antidepressante) wat vir kinders en adolessente in die Suid-Afrikaanse private gesondheidsorgsektor voorgeskryf word, te beskryf. 'n Retrospektiewe medisyneverbruiksontwerp is gebruik om pasiënte 19 jaar en jonger, wat in die periode van 1 Januarie 2006 tot 31 Desember 2006 ten minste een voorskrif vir 'n antidepressant ontvang het, in die databasis van 'n Suid-Afrikaanse farmaseutiese voordelebestuursmaatskappy te identifiseer. Voorgeskrewe daaglikse dosisse (VDDs) is bereken deur van die program Statistical Analysis System® gebruik te maak. 'n Totaal van 1 013 pasiënte het 'n gemiddeld van 2.88 (SA 3.04) voorskrifte per pasiënt ontvang. Vroue het meer voorskrifte as hul manlike eweknieë ontvang, met die hoogste voorkoms in die ouderdomsgroep 15 ≤ 19 jaar. Die farmakologiese groepe selektiewe serotonienheropnameremmers (43.0%) en die trisikliese antidepressante (42.7%) is die meeste voorgeskryf, met imipramien (22.04%) en amitriptilien (19%) as die mees algemeen voorgeskrewe middels. Ongeveer 30% (n = 2 300) van alle antidepressante in die studiepopulasie is voorgeskryf vir indikasies waarvoor dit nie geregistreer is nie. Amitriptilien en klomipramien is teen daaglikse dosisse hoër as die aanbevole vir 9≤15-jarige kinders en adolessente voorgeskryf. Litium, trimipramien, trasodoon en sulpiried is teen sub-terapeutiese dosisse vir adolessente voorgeskryf. Hierdie studie het insig verleen ten opsigte van die voorskrifpatrone van middels wat as antidepressante geklassifiseer word vir Suid-Afrikaanse kinders en adolessente. Hierdie middels het egter baie gebruike. Verdere navorsing word benodig om redes te bepaal waarom sekere middels in hierdie populasie voorgeskryf word.

Keywords : antidepressants; South African private health care sector; retrospective drug utilisation; prescribing patterns; prescribed daily dosages.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License