SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

KIP, Esther; EHLERS, Valerie J.  and  VAN DER WAL, Dirk M.. Nurses' perceptions about Botswana patients' anti-retroviral therapy adherence. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.112-119. ISSN 2071-9736.

Anti-retrovirale middels (ARMs) word gratis verskaf in Botswana. Lewenslange getroue nakoming van ARM voorskrifte is noodsaaklik om die pasiënt se algehele staat van welsyn te verbeter en om die ontwikkeling te voorkom van stamme van die menslike immuun-gebrek virus (MIV) wat weerstand bied teen anti-retrovirale behandeling (ARB). Persone met ARB-weerstandbiedende MIV stamme kan dit versprei na ander mense toe, wat duurder ARB vereis met swakker gesondheidsuitkomste. Die doel van hierdie verkennende, beskrywende, kwalitatiewe studie was om te bepaal wat verpleegkundiges se sienings is oor pasiënte in Botswana se nakoming van ARB, en om faktore te identifiseer wat die ARB-nakoming kan bevorder of benadeel. Vier ARB terreine was ewekansig gekies en al 16 verpleegkundiges wat ARB dienste by die terreine verskaf, het deelgeneem aan semi-gestruktureerde onderhoude. Hierdie verleegkundiges het aangedui dat pasiënte se ARB handhawing beïnvloed word deur diens-verwante en pasiënt-verwante faktore. Diens-verwante faktore behels die ontoeganklikheid van ARB klinieke, beperkte kliniekure, gesondheidswerkers se onvermoë om in pasiënte se plaaslike tale te kommunikeer, lang wagtye by klinieke en vertragings om ingelig te word oor uitslae van CD4 en virale tellings. Verpleegkundiges kan nie pasiënte opvolg of telefonies kontak wat versuim om op te daag vir behandeling nie. Verpleegkundiges moet nagskofte werk wat pasiënt-verpleegkundige verhoudings onderbreek. Pasiënt-verwante faktore behels pasiënte se gebrekkige opvoeding, hulle onvermoë om die belangrikheid van uitslae van CD4 en virale tellings te verstaan, finansiële ontberinge, nie-openbaarmaking en nie-aanvaarding van hulle MIV positiewe status, alkohol misbruik, die gebruik van tradisionele medisynes en die newe-effekte van ARB. Die uitdagings van lewenslange ARB handhawing is veelsydig en behels beide pasiënt-verwante en diens-verwante faktore. Die verskaffing van gratis ARMs verseker nie ARB handhawing nie.

Keywords : HIV nursing; ARVs (anti-retrovirals); ART (anti-retroviral therapy) adherence; Botswana; HIV/AIDS.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License