SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.14 issue1 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

DU PLESSIS, Jesslee M.  and  GERBER, Jan J.. Asthma control limitations in selected primary health care clinics. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2009, vol.14, n.1, pp.132-134. ISSN 2071-9736.

Primêre gesondheidsorgdienste wêreldwyd ondervind tans menige gehaltediens-verwante probleme, terwyl pogings om dit te verbeter sporadies en onbevredigend voorkom. Navorsing toon (Sharma & Sharma, 2007) dat een van die hoofoorsake hiervan die onvoldoende dokumentasie van die pasiënt of die geval se geskiedenis of nalating om te dokumenteer, is. Die gesondheidsorgverskaffer (GSV) moet toegerus word om die gehalte van gesondheidsorg te verbeter en leiding te neem om die verknorsing te hanteer. Hierdie studie het die korrelasie tussen asmabeheer en pasiëntgeskiedenis, soos genoteer deur 'n GSV, ondersoek. Dié data is retrospektief van die klinieknotas van alle asmapasiënte (kinders en swanger vroue ingesluit) verkry wat die ses klinieke in Noordwes Provinsie, Suid-Afrika (Dr. Kenneth Kaunda Munisipale Distrik), besoek het. Die analise van die data wat uit pasiënte se kliniekboekies versamel is, het die vermoede oor die swak gehalte van dokumentasie bevestig, alhoewel daar positiewe uitkomste was in sekere kategorieë se dokumentasie. Wanneer die dokumentasie met die GINA®-riglyne vergelyk word, is dit duidelik dat geen van die pasiënte optimaal bestuur is nie en slegs 'n klein groepie (18.4%) gedeeltelik bestuur is (GINA 2008). Asmabeheer sou kon verbeter deur 'n standaard templaat te ontwikkel wat die GSV kan voltooi. Daar word voorsien dat dit die dokumentering van die nodige inligting oor asmabeheer sal verseker en sodoende kan bydra tot die bevredigende bestuur van kroniese siektes.

Keywords : health care; record keeping; asthma control; documentation; quality.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License