Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Health SA Gesondheid (Online)
On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848
Abstract
VAN ROOYEN, Dalena; TELFORD-SMITH, Colette D. and STRUMPHER, Johanita. Nursing in Saudi Arabia: Reflections on the experiences of South African nurses. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.
Die doel van die studie was om die lewenservarings van Suid-Afrikaanse verpleegkundiges wat in die Koningkryk van Saoedi-Arabië werksaam en woonagtig is, te beskryf en daaroor te besin. 'n Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele navorsingsontwerp of strategie van ondersoek, vanuit 'n fenomenologiese benadering, is vir die doel ingespan. Data is ingesamel aan die hand van individuele onderhoude met deelnemers wat aan die kriteria vir insluiting by die steekproef voldoen het en persoonlike joernale wat deur hierdie deelnemers bygehou is. Data-ontleding is volgens die beskrywende metode van Tesch (in Creswell 1994) gedoen. Die hooftema voortspruitend uit die navorsing was dieé van 'kulturele diversiteit'. Verdere temas ten opsigte van verpleegkundiges se godsdienstige/geestelike, omgewings-, emosionele/psigiese en professionele ervarings is ook geïdentifiseer. 'n Literatuurkontrole is onderneem om die navorsingsbevindinge te verifieer. Beperkings is uitgelig, en gevolgtrekkings en aanbevelings gerig op verpleegkundige navorsing, onderrig en praktyk is gemaak.
Keywords : nursing; cultural diversity; lived experience; South Africa; Saudi Arabia.