SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1A woman-centred childbirth modelForeign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in Namibia author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

HOFFMANN, Willem A.; MYBURGH, Chris  and  POGGENPOEL, Marie. The lived experiences of late-adolescent female suicide survivors: 'A part of me died'. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Mense se gedagtes fokus meestal op die selfmoordslagoffer onmiddellik na 'n voltooide selfmoord. Tog is die werklike slagoffers die persone wat agterbly om die lewe na die selfmoord te hanteer. Hierdie fenomenologies-sielkundige studie het die geleefde belewenisse van laat-adolessente oorlewendes ondersoek, spesifiek daardie negatiewe belewenisse wat skynbaar erger word in die weke en maande na 'n betekenisvolle ander se voltooide selfmoord. Die navorsingsdeelnemers was vyf vroulike laat-adolessente (17-22 jaar oud) wat gewerf is deur middel van doelgerigte selektering by 'n Suid-Afrikaanse tersiêre instelling en jeugkampe. Data-insameling het geskied aan die hand van collage-gefasiliteerde, aangesig-tot-aangesig fenomenologiese onderhoude. Sommige deelnemers het addisionele dokumente in die vorm van persoonlike dagboeke, briewe en gedigte beskikbaar gestel vir data-analise. Die data is geanaliseer volgens Giorgi se fenomenologiese metode. Die volgende belewenisse het na vore getree tydens die data-analise: skuldgevoelens, self-blaam/spyt, blameer ander/God, woede, verlies/inperking van 'self', depressie, sub-optimale gedragshanteringspatrone, veranderinge in verhoudingsdinamika, en selfmoordneigings. Die resultate van hierdie studie kan deur geestesgesondheidwerkers en versorgers aangewend word om adolessente selfmoordagtergeblewenes effektief te ondersteun in die rouproses.

Keywords : phenomenology; postvention; psychoeducation; qualitative analysis; suicide aftermath.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License