Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Health SA Gesondheid (Online)
On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848
Abstract
SMALL, Louis and PRETORIUS, Louise. Foreign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in Namibia. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.
'n Opname bestaande uit oop en geslote vrae is uitgevoer om te bepaal hoe besoekende verpleegstudente aan Namibië ondersteun kan word (kulturele ervarings). Baie studente besluit om hulle kliniese praktika in die buiteland te voltooi, óf om persoonlike redes óf om aan kursusvereistes in transkulturele verpleging te voldoen. Sedert 1998 het Namibië 'n aantal van hierdie studente ontvang. Uit gesprekke met sowel as spontane kommentaar deur hierdie studente het die vraag ontstaan hoe hulle optimum plasing verseker kan word. Aspekte van die model van Campina-Bacote, naamlik The process of cultural competence in the delivery of health care services, is benut om hierdie vraag te beantwoord. Daarom is besluit om biografiese inligting sowel as inligting oor die studente se persepsies van verpleging in Namibië in te samel. Die biografiese inligting (profiel) het die voorkoms van sekere biografiese kenmerke onder die internasionale studente getoon: Hulle neig daartoe om avontuurlik, deernisvol en sensitief vir menseregte te wees. Dié bevinding korreleer met die konstrukte van kulturele begeertes en kulturele bewustheid soos beskryf in die model van Campina-Bacote. Op grond van hierdie bevindinge is bepaalde aanbevelings aangaande hulle kliniese plasings gemaak. Die data deur die oop vrae verkry het drie temas gegenereer, naamlik dat verpleging in Namibië bepaalde identifiseerbare kenmerke openbaar, dat 'n paternalistiese en eensydige kommunikasiestyl onder verpleegkundiges in Namibië voorkom en dat verpleegsorg deur 'n onbetrokke houding gekenmerk word. Die gevolgtrekking was dat hierdie temas met 'n kulturele bewustheid en kulturele kennis onder die verpleegstudente korreleer. Die identifisering van hierdie temas was bruikbaar as basis vir die motivering van kliniese plasings en in die maak van aanbevelings ten opsigte van kliniese riglyne om die studente te help om aan te pas.
Keywords : Namibia; clinical exposure; transcultural nursing; transcultural competence.