SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1Young South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness'No condom, no sex': Easy to say, but not possible for all South African women author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

WASSERMAN, Zelda; MAJA, Todd M.  and  WRIGHT, Susanna C.D.. Assessment of the English literacy level of patients in primary health care services in Tshwane, Gauteng province: Part 2. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-6. ISSN 2071-9736.

Lae geletterdheidsvlakke kan beskryf word as 'n persoon se onvermoë om doeltreffend te lees, te skryf of syfers te gebruik. Die beperkte vermoë om te lees en gesondheidsorgvoorskrifte te verstaan, gee direk tot swak gesondheidsuitkomste aanleiding. Die doel van hierdie studie was om die Engelse geletterdheidsvlakke van primêregesondheidsorg-pasiënte deur middel van twee instrumente, naamlik die Learning Ability Battery (LAB) en die aangepasde Rapid Estimate of Adult Literacy, Revised (REALM-R) te assesseer. Daar is voorts ook bepaal hoe die resultate van die aangepaste REALM-R met die LAB korreleer. Data is deur self-rapportering ingesamel, waar die deelnemers vrae uit die LAB-instrument moes beantwoord en spesifieke woorde vir die aangepaste REALM-R hardop te lees. Die data is ontleed deur gebruik te maak van beskrywende en inferensiële statistiek, met inbegrip van 'n chikwadraat-toets en Spearman se rho. Die resultate dui daarop dat die skoolgraad bereik en die leesgeletterdheid van die deelnemers in Suid-Afrika met vier grade verskil. Die korrelasie tussen die resultate van die LAB en die aangepaste REALM-R was r = 0.43 (p < 0.001). Na gelang van die afsnypunt wat vir die aangepaste REALM-R gebruik word, dui die resultate daarop dat 67% van die deelnemers lae geletterdheidsvlakke het. Die studie toon die belang van 'n geldige, vinnige instrument vir geletterdheidsifting. Die doeltreffende assessering van pasiënte se geletterdheidsvlakke kan geregistreerde verpleegkundiges help om gesondheidsonderrig op 'n toepaslike vlak aan te bied ten einde pasiënte se gesondheidsgeletterdheid te verbeter.

Keywords : English literacy levels; learning ability battery; literacy; primary health care; REALM-R.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License