Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Health SA Gesondheid (Online)
On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848
Abstract
BEUKES, Sonya; NOLTE, Anna G.W. and ARRIES, Ebin. Value-sensitive clinical accompaniment in community nursing science. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.
Kliniese gemeenskapsgesondheidsfasiliteite waar voorgraadse studente geplaas word vir gemeenskapsverpleegkundepraktika is dinamies en het groot veranderinge oor die laaste paar jare ondergaan. In die kliniese veld verteenwoordig gemeenskapsverpleegkundiges en voorgraadse studente verskillende rasse en taal- en etniese groepe in die Suid-Afrikaanse bevolking, elkeen met verskillende waardes. Albei partye - studente en gemeenskapsverpleegkundiges - het gerapporteer dat waardekonflik weens verskillende kulture en waardes tydens kliniese begeleiding ervaar word, wat kliniese leer op sy beurt in gemeenskapsverpleegkunde negatief beïnvloed. Die doel van diestudie was om die belewenis van studente met betrekking tot waardesensitiewe kliniese begeleiding in gemeenskapsverpleegkunde te verken en te beskryf. 'n Verkennende, beskrywende en kontekstuele ontwerp is gebruik. Die interaksie wat tussen die gemeenskapsverpleegkundiges en studente tydens kliniese begeleiding plaasgevind het, is vir waardesensitiwiteit deur middel van video-opnames, deelnemerobservasie en fokusgroeponderhoude verken. Die data wat deur middel van video-opnames en deelnemerobservasie ingesamel is, is deur die navorser en 'n eksterne kodeerder ontleed en gekodeer.'n Induktiewe beskrywende metode is gebruik om belangrike segmente van die gereeldheid van gedrag te identifiseer en beskryf. Fokusgroeponderhoude is deur die navorsers en 'n eksterne kodeerder getranskribeer, ontleed en gekodeer deur gebruik te maak van Tesch se stappe van analise (Creswell 1994:155-156). Lincoln en Guba (1985:290) se kriteria vir geloofwaardigheid is in die studie gebruik. Die algemene bevindinge dui daarop dat kliniese begeleiding in gemeenskapsverpleegkunde nie waarde-sensitief is nie. Gevolglik moet riglyne vir waarde-sensitiewe kliniese begeleiding vir voorgraadse studente in gemeenskapsverpleegkunde ontwikkel word. Die volgende waardes (waardes waarvoor riglyne ontwikkel moet word) is geïdentifiseer, naamlik respek tydens kliniese begeleiding, waarde-sensitiewe kommunikasie en sensitiwiteit vir gehalte van kliniese begeleiding.
Keywords : clinical accompaniment; clinical practice; community nursing practice; values; value sensitivity.