SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1Value-sensitive clinical accompaniment in community nursing scienceThe effects of fatigue and the post-concussion syndrome on executive functioning in traumatic brain injury and healthy comparisons author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MALULEKE, Thelmah X.. Sexual risk behaviour amongst young people in the Vhembe district of the Limpopo province, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Die studie was 'n kwantitatiewe, deursnee-opname wat onder jongmense in vier dorpies in die Vhembe-distrik van die Limpopo-provinsie uitgevoer is. Die doel van die navorsing was om vas te stel watter aanwysers van risikogedrag ten opsigte van seksuele gesondheid onder die jongmense voorkom wat moontlik tot die verspreiding van MIV en vigs in hierdie distrik bydra. Die doelstellings van hierdie studie was om (1) seksuele risikogedrag te identifiseer, (2) die voorkoms van middelgebruik voor seksuele omgang te bepaal, (3) die voorkoms van gedwonge seksuele omgang en (4) die voorkoms van geforseerde seksuele omgang onder jongmense in die Vhembe-distrik te bepaal. Doelgerigte steekproefneming is gebruik om die vier dorpies wat aan die studie deelgeneem het, te selekteer en eenvoudige ewekansige steekproefneming is gebruik om die respondente te selekteer. 'n Totaal van 400 respondente het aan die studie deelgeneem, waarvan 227 vroulik en 173 manlik was. Die volgende aanwysers van seksuele risikogedrag is geïdentifiseer (1) vroeë seksuele debuut, (2) tienerswangerskap en (3) vroeë huwelik. Daar is gevind dat jongmense hulself aan seksuele omgang sonder kondome blootstel, en dat hulle waarskynlik seksuele omgang sonder 'n kondoom sal hê in ruil vir vergoeding en seksuele omgang met 'n bekende persoon sal hê. Ongeveer 20% van die seksueel aktiewe respondente het middels voor seksuele omgang gebruik. Alkohol en marijuana ('dagga') was die algemeenste middels onder diegene wat middels voor seksuele omgang gebruik het, en dit is meestal in gedwonge en geforseerde seksuele omgang gebruik.

Keywords : condom; forced sexual intercourse; sexual intercourse; sexual risk behaviour; substance abuse.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License