SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.15 issue1The effects of fatigue and the post-concussion syndrome on executive functioning in traumatic brain injury and healthy comparisonsSelf-care symptom-management strategies amongst women living with HIV/AIDS in an urban area in KwaZulu-Natal author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

JOOSTE, Karien; CHABELI, Mary  and  SPRINGER, Monica. The health care needs of the physically disabled patient in a home-based care environment: Implications for the training of ancillary health care workers. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2010, vol.15, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Volgens die literatuur kan assistentgesondheidsorgwerkers (AGWs), as gevolg van ontoereikende opleiding, nie altyd aan die behoeftes van fisies gestremde pasiënte in 'n tuisopset voldoen nie. Die doel van hierdie navorsingstudie was om die gesondheidsorgbehoeftes van langtermyn, tuisgebaseerde fisies gestremde pasiënte in die noordelike voorstede van Johannesburg te verken en te beskryf, en om hieruit aanbevelings vir die opleiding van AGWs voor te stel. Kwalitatiewe, verkennende, beskrywende en kontekstuele metodes is gebruik om die data in te samel en die analise te doen. Die studiepopulasie het uit agt fisies gestremde deelnemers bestaan wat 'n AGW aangestel het om hulle met hul langtermyntuisversorging by te staan. Doelbewuste steekproefneming met die daaropvolgendesneeubalmetode is gebruik om verdere deelnemers vir die studie te identifiseer. Individuele onderhoude is gevoer waartydens deelnemers die volgende vrae moes beantwoord (1) 'Wat is jou gesondheidsorgbehoeftes?' en (2) 'Hoe behoort hieraan voldoen te word?' Datasaturasie is verseker, waarna Tesch se data-analisemetode gevolg is. Drie kategorieë van gesondheidsorgbehoeftes is geïdentifiseer (1) fisiese gesondheidsorgbehoeftes, (2) interpersoordike verhoudingsbehoeftes en (3) sosiale behoeftes, en 12 temas is van hierdie kategorieë afgelei. Hierdie gesondheidsorgkategorieë behoort aandag tydens die opleiding van AGWs te kry. Aan die hand van die temas is aanbevelings gemaak vir die opleiding van AGWs in tuisgebaseerde sorg van fisies gestremde pasiënte. AGWs behoort ondersteuning te bied om die omgewing by die individuele behoeftes van die pasiënt aan te pas, en moet hul kennis en kritiese denkvaardighede kan toepas om n pasiëntgesentreerde omgewing te verseker.

Keywords : experiences; guidelines; health care worker; nursing; training needs.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License