SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 issue1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectives author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

VAN ROOYEN, Dalena; FROOD, Sharron  and  RICKS, Esmeralda. The experiences of AIDS orphans living in a township. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.

'n Uitdaging wat professionele gesondheidswerkers huidiglik oorweldig, is dienslewering aan VIGS weeskinders. Die doel van die studie was om die geleefde ervaring van kinders wat in dorpsgebiede woon en VIGS weeskinders geword het, te verken en te beskryf ten einde hul leefwereld te verstaan. Hierdie inligting kan deur Primêre Gesondheidsorg Verpleegkundiges (PVGs), verwante beroepslui en vennote betrokke by die versorging van hierdie kinders, gebruik word as basis om versorging te beplan wat in die kinders se unieke behoeftes sal voorsien. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp met verkennende, beskrywende, kontekstuele en fenomologiese strategieë van ondersoek, is gebruik. Data is versamel deur middel van in-diepte onderhoude met 'n doelbewus geselekteerde steekproef. Data is geanaliseer ooreenkomstig die stappe van kwalitatiewe data analise volgens Tesch (in Creswell 1994). Guba se model was gebruik om die betroubaarheid van data te bepaal. Twee hooftemas en hul subtemas is geïdentifiseer. Die eerste tema was dat kinders dramatiese veranderinge in hulle lewensomstandighede ervaar wanneer hulle VIGS weeskinders word. Die tweede tema wat na vore gekom het, was hoe die deelnemers die hoop om voort te gaan met die lewe, herontdek het. Aanbevelings, gebaseer op die bevindinge, is gemaak wat verpleegpraktyk, onderrig en navorsing sal rig.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License