SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.17 issue1Adaptation of the Rapid Estimate of Adult Literacy in Medicine Revised (REALM-R) to the South African context: Part 1Assessment of the English literacy level of patients in primary health care services in Tshwane, Gauteng province: Part 2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MAREE, Johanna E. et al. Incidence, severity and management of cancer chemotherapy related oral mucositis in Eastern Cape and Western Cape. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2012, vol.17, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.

Die studie het die insidensie, tydsduur en intensiteit van orale mukositis in Oos en Wes Kaapse pasiënte wat kankerchemoterapie ontvang verken asook hoe hierdie simptoom hanteer is en die sukses hiervan volgens die pasiënte. 'n Kwantitatiewe, ekploratiewe, kontekstuele opname is onderneem. 'n Gerieflikheidsteekproef is gebruik om die deelnemers te verkry. Een hondered en sestig persone is genader en 66.3% (n = 106) het aan die studie deelgeneem. Die datainsamelingsmetode was self-rapportering met behulp van 'n vraelys en beskrywende statistiek is gebruik om die data te verwerk. Orale mukositis was 'n algemene probleem, aangesien 71.7% (n = 76) van die respondente die simptoom ondervind het. Pyn was nie goed beheer nie, aangesien 69.8% (n = 53) pyn ondervind het terwyl slegs 17.1% (n = 13) aangedui het dat hulle analgetika gebruik het. Meer as die helfte van die respondente het voorgeskrewe mond en keel preparate gebruik, terwyl 28.9% (n = 22) self gemedikeer het wat potensiële nadelige preparate ingesluit het. 'n Beduidende verskil is tussen die gebruik van nie voorgeskrewe medikasie en die duur van mukositis bevind (χ2 = 0.81; p = 0.01). Die graad van die mukositis het nie die gebruik van die self-medikasie beinvloed nie. Hoe meer pyn ondervind is, hoe minder was die neiging om die mukositis self te behandel. Die hantering van orale mukositis bly 'n uitdaging. Die onsuksesvolle palliasie van hierdie simptoom kan tot die gebruik van potensieel nadelige self-sorg maatreëls lei.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License