SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Concept-mapping as a teaching method to facilitate critical thinking in nursing education: A review of the literatureYoung South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

RAJESWARAN, Lakshmi  and  EHLERS, Valerie J.. Cardio-pulmonary resuscitation challenges in selected Botswana hospitals: Nurse managers' views. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-8. ISSN 2071-9736.

Die slagoffers van padongelukke, asook persone wat hart- en ander mediese noodtoestande ervaar, kan hulle lewens verloor omdat daar nie opgeleide personeel met funksionele toerusting en voldoende hulpbronne beskikbaar is om effektiewe kardiopulmonale resussitasie (KPR) te doen nie. Die studie het ten doel gehad om eenheidsbestuurders se persepsies te bepaal oor uitdagings wat hulle in die gesig staan wanneer KPR-tussentredes plaasvind in die twee openbare hospitale in Botswana wat as verwysingshospitale dien. Die bevindings kan gebruik word om effektiewer KPR-strategieë vir Botswana se hospitale aan te beveel. Onderhoude bestaande uit twee kwantitatiewe afdelings met geslote vrae en een kwalitatiewe afdeling met semi-gestruktureerde vrae is met 22 eenheidsbestuurders gevoer. Die kwantitatiewe data het aangedui dat alle eenheidsbestuurders minstens agt jaar se verpleegervaring het en dat hulle die tekortkomings sover dit KPR in hulle hospitale aangaan, kon identifiseer. Slegs een persoon het nog nooit KPR toegepas nie. Die ontleding van die kwalitatiewe data dui daarop dat hospitaaleenhede soms te min personeel het en dat hulle nie ten volle toegeruste noodtrollies en/of toerusting het nie. Geen KPR-spanne en geen KPR-beleid of -riglyne bestaan nie. Verpleegkundiges en dokters het volgens die onderhoude 'n gebrek aan KPR-kennis en -vaardighede. Geen ontlontingsdienste is na KPR-voorvalle vir die personeel beskikbaar nie. Die deelnemende hospitale behoort die uitdagings aan te spreek wat KPR-uitkomste kan beinvloed. Hierdie uitdagings sluit in personeeltekorte, oorbesetting in hospitaaleenhede, tekortkomings in die noodtrollies en toerusting, die gebrek aan KPR-beleid en -riglyne, die afwesigheid van KPR-spanne, dokters en verpleegsters se beperkte KPR-vaardighede en die feit dat ontlontingsdienste nie na KPR-pogings vir personeellede beskikbaar is nie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License