SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.18 issue1Quality-of-life experiences from the perspective of patients receiving haemodialysis for chronic renal failure author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

GIBSON, Diana. Perceptions of traditional health practitioners on violence in the Helderberg Municipal Area, Western Cape. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2013, vol.18, n.1, pp.1-9. ISSN 2071-9736.

Hierdie studie oor persepsies van geweld is gedoen met 56 tradisionele gesondheidspraktisyns (waarsêers: amagrirha) in die Helderberg Munisipale gebied van Kaapstad Metro. Dit vorm deel van 'n groter studie gerig op Afrika-medisyne. Hierdie spesifieke navorsing fokus op hoe tradisionele gesondheidspraktisyns geweld beskou, insluitende geslags-gebaseerde geweld. individuele, in-diepte onderhoude is gevoer met 21 tradisionele gesondheidspraktisyns en fokusgroepbesprekings is gehou met 35 deelnemers. Die artikel doen verslag oor hoe tradisionele gesondheidspraktisyns gemeenskaps- en geslags-gebaseerde geweld verstaan en daaran betekenis heg in 'n stedelike opset. Die tradisionele gesondheidspraktisyns verbind geweld met 'n reeks diskonneksies in die gemeenskap, wat wissel van 'n gebrek aan gehoor ten opsigte van tradisionale norme en praktyke tot verbrokkeling van verhoudings tussen ouers en kinders, binne families en in huweliks- en geslagsverhoudings. Hulle het verwys na 'n algemene persepsie van ontwrigting tussen die lewendes en die wêreld van die voorouers. Die akkumulatiewe effek van hierdie gevoel van verbrokkeling word gesien as afbrekend en 'n voorspel tot geweld. In twee plekke waar daar hoë konsentrasies van geweld was, is seremonies gehou om die areas ritueel te reining. Bykomend tot die aandag aan fisiese manifestasies van siekte, nood en geweld, het hierdie tradisionale gesondheidspraktisyns gepoog om behoorlike sosiale verhoudings tussen die lewendes te verbeter en te herstel, sowel as tussen die lewendes en die gestorwenes.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License