SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1A model for incorporating specialist nurse education into a university context. Part 1: Methodological perspectives author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

LOUBSER, Hendrik J.; BRUCE, Judith C.  and  CASTELEIJN, Daleen. The GAMMA® nursing measure: Its development and testing for nursing utility. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1. ISSN 2071-9736.

OPSOMMING AGTERGROND: In die gespesialiseerde verpleegareas van gerontologie, onkologie, rehabilitasie en tuisversorging waar pasiënte leef met permanente of tydelike gestremdhede, is verpleegkundiges nie in staat om gereeld en empiries te bepaal wat hul pasiënte se vermoëns is om onafhanklik te lewe, as 'n aanduiding van hul verswaktheid of broosheid nie. Die vermoëns om onafhanklik te lewe word ook na verwys na as die instrumentele aktiwiteite van daaglikse lewe (IADLs). DOELWITTE: Om die verplegingswetenskappe te voorsien van 'n skaal, genoemd die GAMMA, wat die verpleegkundige in staat kan stel om as roetine prosedure pasiënte se IADLs waar te neem, te meet en te noteer, en om die nuttigheid van hierdie skaal vir verpleging te bepaal. METODE: 'n Studie met twee opeenvolgende fases was gedoen. Eerstens was 'n ondersoek geloods om beskrywende data te versamel van 'n geregistreerde maatskaplike werker en twee geregisteerde verpreegkundiges wat ervare is in die versorging van gestremde mense wat in lang termyn fasiliteite woon. Die data was geanaliseer met induktiewe inhoudstegnieke om die konstruksie van die GAMMA te ontwikkel. In die tweede studie was die GAMMA se bruikbaarheid vir verpleegkundiges bestudeer deur eers opleiding en toetsing aan geregistreede verpleegkundiges (n = 5) te bied in drie aftree oorde. Vier maande na implementasie het 'n fokus groep met die geregistreede verpleegkundiges vergader om die die GAMMA se nuttigheid vir verpleegkundiges te evalueer. Beskrywende data was geanaliseer met behulp van deduktiewe inhouds analiese tegnieke. RESULTATE: Die uitkoms van die GAMMA het goeie resultate opgelewer. Daar was hoë vlakke van aanvaarding, betroubaarheid en vertroue in die GAMMA as 'n empiriese verplegingsskaal om die oorgang tussen onafhanklike en ondersteunende lewenstyl te bepaal. GEVOLGTREKKING: Die GAMMA het die eienskappe om as roetine prosedure gebruik te word as 'n verplegingsskaal in die gerontologie, onkologie, rehabilitasie en tuisversorging verplegingsprosesse.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License