SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1Foreign nursing students: Their profile and perceptions of nursing care in NamibiaA complicated grief intervention model author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

MEYER, Helen W.  and  KIRSTEN, Tiaan G.J.C.. The effect of psychological violence in the workplace on health: A holistic eco-system approach. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.757.

AGTERGROND: Psigologiese geweld is tans besig om op die voorgrond te tree as 'n prioriteit in alle werksplekke as gevolg van die ernstige nadelige gevolge daarvan op die gesondheid van slagoffers. Tot dusver is beperkte navorsing gedoen rakende die effek van psigologiese geweld op die vyf interverwante kontekste van menslike bestaan. DOELWITTE: Hierdie kwalitatiewe studie het die waargenome effek van psigologiese geweld in die werksplek op die holistiese gesondheid van personeellede in 'n multi-kampus Verdere Onderwys en Opleiding Kollege ondersoek. Deur die effek van psigologiese geweld op hierdie vyf interverwante kontekste te ondersoek, kon die gevolglike effek op holistiese gesondheid; meer volledig verstaan word en toepaslike aanbevelings geformuleer word om die waargenome effek te verbeter. METODE: 'n Kwalitatiewe, verkennende en beskrywende navorsingsontwerp is gebruik om die waargenome effek van psigologiese geweld op personeellede se gesondheid te ondersoek. 'n Doelgerigte steekproef is gebruik om 29 deelnemers te selekteer om indivuele onderhoude mee te voer, gebaseer op hul ervarings van psigologiese geweld, asook data versadiging. Die navorser het die data geanaliseer en 'n mede-kodeerder het die kodes kruis-kodeer. RESULTATE: Die resultate rakende die waargenome effek van psigologiese geweld was geposisioneer binne die holisties eko-sistemies benadering as omvattende teorie. Vyf temas is dienoorkeenkomstig na afloop van die data-anelisering geidentifiseer naamlik psigologiese, biofisiese, spirituele, ekologiese en metafiese effekte. GEVOLGTREKKING: Bevindings het aangetoon dat psigologiese geweld 'n negatiewe impak het of al vyf interverwante kontekste van individuele gesondheid wat lei tot 'n negatiewe kumulatiewe effek op personeellede se holistiese gesondheid in die sisteme waar psigologiese geweld plaasvind. Aanbevelings, gebaseer op die bevindinge, kon gemaak word om die nadelige effek van psigologiese geweld te verbeter.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License