SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1Concept-mapping as a teaching method to facilitate critical thinking in nursing education: A review of the literatureYoung South Africans' views on, and perceptions of, abstinence and faithfulness author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

GROBBELAAR, Hendrina H.  and  NAPIER, Carin E.. Child and youth care workers: profile, nutrition knowledge and food safety and hygiene practices. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.776.

AGTERGROND: Fasiliteite gemoeid met kinders 'in die behoefte van sorg' nie net beskou moet word as 'n laaste uitweg vir 'n kind se sorg nie, maar ook as 'n intervensie wat meer as net die basiese en fisiese behoeftes van kinders aanspreek. Die voedingsbehoeftes van kinders is veral belangrik om te oorweeg as 'n fundamentele element van versorging. DOELWIT: Die doel van hierdie beskrywende kwantitatiewe studie was om die profiel, voeding kennis en voedsel- veiligheid en higikne van kinder-en jeugsorgwerkers te ondersoek in residensikle sorg instellings met die doel om 'n voedsel voorbereiding en voedings handleiding te ontwikkel. METODE: Die residensikle sorg instellings het bestaan uit drie ewekansig gekiesde kinderhuise in Durban. Die studie het bestaan uit kinder-en jeugsorgwerkers (N = 40) in permanente of deeltydse poste. 'n Doelgerigte steekproef van die kinder-en jeugsorgwerkers is onderneem. 'n Gestruktureerde self-geadministreerde vraelys, ontwikkel en getoets vir hierdie doel, is gebruik om inligting oor die profiel, voeding kennis, voedselveiligheid en higikniese praktyke van die kinder- en jeugsorgwerkers in te samel. Die data is ontleed vir beskrywende statistieke. RESULTATE: Die meerderheid van die kinder- en jeugsorgwerkers was vroulik, tussen die ouderdomme van 18-34 jaar. Min het 'n toepaslike tersijre kwalifikasie gehad. Dit blyk uit die resultate dat die respondente se algemene voeding riglyne was aanvaarbaar. Die resultate het gedui op 'n gebrek aan kennis oor die aanbevole vrugte en groente inname, korrekte porsiegroottes en die belangrikheid van 'n verskeidenheid in die dieet. Die respondente het tot 'n mindere mate kennis oor voedselveiligheid en higikne gehad. GEVOLGTREKKING: Die algemene bevindinge ondersteun die ontwikkeling van 'n omvattende voedsel voorbereiding en voedings handleiding vir kinder residensikle sorg instellings.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License