SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1Factors affecting mothers' choice of breastfeeding vs. formula feeding in the lower Umfolozi district war memorial hospital, KwaZulu-NatalValue-sensitive clinical accompaniment in community nursing science author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

SELLO, Ditonkana A.  and  DAMBISYA, Yoswa M.. Views of pharmacists on involvement in ward rounds in selected public hospitals in Limpopo Province. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.740.

AGTERGROUND: : Die teenwoordigheid van aptekers tydens saalrondtes is van toenemende belang vir beter farmaseutiese sorg, maar baie aptekers is nie betrokke by by hierdie aktiwiteit nie. DOELSTELLING:  Die doel van die studie was om die menings en persepsies van aptekers in die openbare sektor te verkry oor hulle betrokkenheid by saalrondtes. METODE: 'n Vinnige assessering was gedoen met behulp van 'n semi-gestruktureerde vraelys wat na vyf hospitale in Limpopo gestuur is. RESULTATE: : Daar het 55 respondente aan die studie deelgeneem (61.8% vroue). Die meerderheid was van die Polokwane-Mankweng hospitaalkompleks (69.1%). Daar was 45 (82%) jong aptekers tussen die ouderdomme van 25 en 34, terwyl ervaring gewissel het van 0 tot 5 jaar (69.1%), 6 tot 10 jaar (16.4%), tot 10 jaar of meer (14.5%). Die respondente het die volgende ingesluit: interns (= 21), gemeenskapsdiensaptekers (n = 7) en junior aptekers (n = 8). Die meeste het hul tersiêre opleiding aan die Universiteit van Limpopo verkry (n = 49), met 'n paar van die Noord-Wes Universiteit (n = 4), Wits (n = 1) en Durban-Westville (n = 1). Die meerderheid (94.5%) het gevoel dat dit wel nodig is vir aptekers om in saalrondtes betrokke te wees. 'n Totaal van 27 respondente (49.1%) het aangedui dat aptekers betrokke is by saalrondtes, maar 21 uit die 27 (77.8%) het saalbesoek omskryf as die nagaan van saalvoorraad en nie direkte pasiëntesorg nie. Voorstelle om aptekers beter voor te berei vir saalrondtes het die volgende ingesluit: pre-diens opleiding (34.9%), internskap (37.2%), gemeenskapsdiens (4.7%), nagraadse kursusse (8.1%), en deur middel van voortgesette professionele ontwikkeling (15.1%). GEVOLGTREKKINGS:  Aptekers in die openbare hospitale bestudeer in Limpopo was bereid om in die kliniese saalrondtes betrokke te wees en het voorgestel dat dit tydens voorgraadse opleiding ingestel word. Hierdie bevindings ondersteun die planne vir die Turfloop BPharm program om kliniese saalrondtes in te stel.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License