Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Health SA Gesondheid (Online)
On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848
Abstract
JAGER, Nicolene de; BEUKES, Sonya and NOLTE, Anna G.W.. Measuring compliance of conducting an occupational health risk assessment in the occupational health nurse's practice. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-11. ISSN 2071-9736. http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.647.
Beroepsgesondheidverpleegkundiges (BGV's) is gekwalifiseerde geregistreerde verpleegkundiges met 'n nagraadse kwalifikasie in beroepsgesondheidsverpleging wat basiese gesondheidsorg in die beroepsgesondheidsprogram lewer. 'n Belangrike aktiwiteit van die BGV is om alle gesondheidsrisiko's in die werksplek te identifiseer en te assesseer. Die BGV doen ook ʼn gesondheidsrisiko-analise (GRA) om stressors soos geraas en vibrasie te identifiseer. Die navorsers het met besoeke aan verskillende fabrieke bevind dat 85% (n = 23) van BGV's GRA's net in 'n sekere mate doen, alhoewel 'n GRA wetlik vereis word. Die volgende doelwit is vir die studie geformuleer: Om te ondersoek en te beskryf in watter mate BGV's GRA's uitvoer, en om die moontlike redes vir die nie-nakoming van die regulasie te ondersoek. 'n Kwantitatiewe, beskrywende navorsingsmetode is gebruik. 'n Sistematiese groepsteekmetode is gebruik om ʼn steekproefraamwerk uit 'n lys van die SASOHN-lede in Gauteng saam te stel. 'n Selfontwikkelde vraelys is aan respondente gestuur. Die navorsers het geldigheid, betroubaarheid asook etiese standaarde gehandhaaf. Daar is bevind dat BGV's ouer, hoofsaaklik vroulike praktisyns met bo-gemiddelde ondervinding is wat vir ʼn groot getal werkers verantwoordelik is. Vier faktore is geïdentifiseer wat BGV's beïnvloed om GRA's net in ʼn sekere mate uit te voer, naamlik bevoegdheid, onduidelikheid betreffende die rol van die BGV, werkslading en houding.