SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1The health care needs of the physically disabled patient in a home-based care environment: Implications for the training of ancillary health care workersStakeholders' perceptions of the delivery and quality of sexually transmitted infection treatment by private practitioners in Windhoek, Namibia author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

NAICKER, Aneshree; MYBURGH, Chris  and  POGGENPOEL, Marie. Learners' experiences of teachers' aggression in a secondary school in Gauteng, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.1-7. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.793.

AGTERGROND: Navorsing toon dat een derde van alle mense in Suid-Afrika al aan een of ander vorm van geweld blootgestel is. Daar is waargeneem dat leerders dikwels aggressie by onderwysers in die sekondêre skool beleef, wat 'n negatiewe uitwerking op hul algemene welsyn en geestelike gesondheid het. DOELSTELLINGS: Die doelstellings vir hierdie navorsing was om leerders se belewing van onderwysers se aggressie te verken en om riglyne te formuleer vir leerders en onderwysers om hulle geestesgesondheid te fasiliteer. METODE: Die populasie het uit leerders by 'n sekondêre skool bestaan. Die kriteria vir insluiting by die steekproef was dat deelnemers in graad 11 of 12 moet wees, tussen 16 en 18 jaar oud, en moes aggressie by onderwysers aan die skool beleef het. 'n Doelgerigte steekproef van leerders wie aan die insluitingskriteria voldoen, is geneem. Data is ingesamel deur middel van vier diepgaande fenomenologiese onderhoude, 88 naïewe sketse, waarneming en veldnotas. Een sentrale vraag is aan die sekondêre skool leerders gestel: 'Wat is jou belewing van onderwysers se aggressie teenoor jou in jou skoolomgewing?'. Oop kodering is gebruik om die ingesamelde data te analiseer. Maatreëls om vertrouenswaardigheid te verseker is toegepas om die wetenskaplikheid van die navorsing te verseker. Etiese beginsels is dwarsdeur die navorsingsproses toegepas. RESULTATE: Die sekondêre skool leerders beleef dat hulle verneder word, asook emosioneel en verbaal mishandel word. Hulle beleef ook vrees en woede. Riglyne vir leerders en onderwysers is uit hierdie bevindinge afgelei. GEVOLGTREKKINGS: Hierdie navorsing het bevind dat leerders aggressie in hul skoolomgewing beleef en ondersteuning benodig om hul geestesgesondheid te fasiliteer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License