SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1Further potential savings attributable to maximum generic substitution of antidepressants in South Africa: A retrospective analysis of medical claimsQuality-of-life experiences from the perspective of patients receiving haemodialysis for chronic renal failure author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

RAMAKUELA, Nditsheni J. et al. Perceptions of menopause and aging in rural villages of Limpopo Province, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-08. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.771.

AGTERGROND:Die term 'menopouse' is afgelei van die Griekse woorde menos (maand) en pausis (onderbreking/pouse, einde) en is 'n direkte beskrywing van die psigologiese en fisiese gebeure in vroue waar menstruasie ophou voorkom. Dit is die tyd in 'n vrou se lewe wanneer die laaste menstruele bloeding ervaar word. Menopouse is nie 'n siekte per se nie, maar 'n toestand wat geassosieer word met hormonale veranderings waar estrogen afneem tot 'n vlak wat gesondheidsverwante probleme veroorsaak. DOELSTELLING: Die doel van die studie was om persepsies ten opsigte van menopause en veroudering onder landelike vroue in die Vhembe-distrik in Limpopo Provinsie, Suid-Afrika, te verken. METODE: Die studie was kwalitatief en verkennend, met ’n fenomenologiese benadering. Doelgerigte steekproefneming is gebruik om die vier dorpies en deelnemers van die fokusgroepe te selekteer. Die steekproefgrootte is bepaal deur dataversadiging. Resultate: Die bevindings was dat die deelnemers die einde van menstruasie aan ouderdom, en nie aan menopause nie, toeskryf. Wanneer menstruasie stop, word ’n vrou dus as oud beskou. GEVOLGTREKKINGS:Aanbevelings was dat (1) menopausale onderwerpe reeds beklemtoon behoort te word vanaf puberteit in inisiasieskole, hoërskole, kerke en gemeenskappe en gesondheidsdienste sodat, wanneer menopouse bereik word, (2) vroue dit kan aanvaar en positief ervaar. (3) Klem behoort ook op menopause as 'n menslike aspek van veroudering gelê te word.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License