SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.19 issue1Reasons for students' poor clinical competencies in the Primary Health Care: Clinical nursing, diagnosis treatment and care programmeThe link between poverty and malnutrition: A South African perspective author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Health SA Gesondheid (Online)

On-line version ISSN 2071-9736
Print version ISSN 1025-9848

Abstract

WRIGHT, Susan C.; BIYA, Titilayo T.  and  CHOKWE, Majapi E.. The effectiveness of a pregnancy leaflet to promote health in Tshwane, South Africa. Health SA Gesondheid (Online) [online]. 2014, vol.19, n.1, pp.01-07. ISSN 2071-9736.  http://dx.doi.org/10.4102/hsag.v19i1.764.

AGTERGROND: Swangerskapsverwante gesondheidsopvoeding dra basiese inligting oor aangaande gesonde leefstylkeuses en voorkomende sorg om die gesondheid van moeder en fetus tydens swangerskap te bevorder. Verbale gesondheidsonderrig word dikwels versterk deur gedrukte inligtingstukke. 'n Swangerskapsverwante inligtingstuk tans in gebruik in primêre gesondheidsorgklinieke in Tshwane met die titel: 'Are you pregnant or planning to have a baby?' was die fokus van die studie. DOELWITTE: Die studie het twee doelwitte gehad, naamlik (1) om uit te vind of die Engelse inligtingstuk die kennis van jong volwasse vroue to so 'n mate kon verbeter dat hulle in staat was om gesond te bly tydens hul swangerskap en komplikasies te voorkom, asook (2) om te bepaal of die geletterdheidsvlak van die jong volwasse vroue 'n invloed gehad het op die vermoë van die inligtingstuk om hul kennisvlakke te verhoog. METODE: Die navorsingsontwerp was 'n voor-toets/na-toets ontwerp. Twee groepe van 30 deelnemers elk, 'n na-sekondêre onderrig en 'n tersiêre groep, het aan die studie deelgeneem. Data is deur self-rapportering ingesamel waar die deelnemers 'n vraelys gebaseer op die pamflet voltooi het, voor en na blootstelling aan die inligtingstuk. Die data is met behulp van beskrywende statistiek en 'n Pearson's chi-kwadraat ontleed. RESULTATE: Die bevindings dui daarop dat beide groepe baie min voorkennis aangaande gesondheid tydens swangerskap gehad het en dat die swangerskapsverwante inligtingstuk nie hul kennis tot so 'n mate verbeter dat hulle ingelig en in staat sou wees om gesond te bly tydens hul swangerskap nie. GEVOLGTREKKING: Dit is belangrik dat navorsingsbewyse gebruik word in die ontwikkeling van gedragsveranderingsmateriaal.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License