SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.37 issue2 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Literator (Potchefstroom. Online)

On-line version ISSN 2219-8237
Print version ISSN 0258-2279

Abstract

LOURENS, Amanda. Die gebruik van opmerkings as 'n strategie tydens die verantwoordbare redigering van akademiese tekste. Literator [online]. 2016, vol.37, n.2, pp.1-14. ISSN 2219-8237.  http://dx.doi.org/10.4102/lit.v37i2.1277.

Bestaande riglyne oor die redigering van akademiese tekste (bv. dié van die US Taaldiens; internasionaal ook dié van die Institute of Professional Editors [IPEd]; die Editors' Association of Canada [EAC]; en die Council of Australian Societies of Editors [CASE]) beklemtoon dat redigeerders nie aan die inhoud en struktuur van hierdie soort tekste behoort te verander nie. Dit is egter in die praktyk nie altyd duidelik presies hoe redigeerders probleme ten opsigte van inhoud en struktuur moet hanteer nie. Hierdie studie het ten doel om riglyne te verskaf vir redigeerders van akademiese tekste wat 'n prosesbenadering volg. Die redigering van agt akademiese artikels word ondersoek, met spesifieke verwysing na die hantering van opmerkings (comments) as 'n strategie om die outeur te bemagtig om self inhoudelike en strukturele veranderinge aan te bring. Opmerkings deur die redigeerders van hierdie artikels word beskryf, geïnterpreteer en geëvalueer, met die oogmerk om uiteindelik riglyne te gee vir 'n verantwoordbare redigeerstrategie.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License