SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    ALZI'ABI, Safi Eldeen. Die raai van werkwoord-bywoord-kollokasies: Arabiese EVT-leerders se gebruik van elektroniese woordeboeke. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.50-77. ISSN 2224-0039.

    Kollokasienavorsing het onlangs baie belangstelling ontlok. Tot op hede het byna geen studie Arabiese EVT-leerders se vaardighede in die gebruik van werkwoord-bywoord-kollokasies ondersoek nie. Hierdie studie ondersoek die manier waarop gevorderde Arabiese EVT-leerders met werkwoord-bywoord-kollokasies omgaan terwyl hulle twee aanleerderswoordeboeke gebruik. Die proefpersone (N = 82) is versoek om 22 werkwoorde, waarvan 12 gebruiklik en 10 ongebruiklik was, na te slaan en drie bywoordelike kollokasies vir elke werkwoord te raai. Die resultate het getoon dat selfs gevorderde EVT-leerders aansienlike probleme ondervind het om ekstra bywoordelike kollokasies vir sowel gebruiklike as ongebruiklik werkwoorde te verskaf. Woordeboekgebruik was effektief; die proefpersone het aansienlik beter gevaar by veral gebruiklike werkwoorde. Baie redes is voorgestel vir hierdie bevinding, waarvan die belangrikstes die proefpersone se gebrek aan kollokasionele vaardighede ingesluit het, asook die gebrek aan voldoende leidrade in die definisies om woordeboekgebruikers se korrekte gebruik van kollokasies te vergemaklik. Terwyl daar bevind is dat kennis van die betekenis van die stimuli 'n betekenisvolle bydraende faktor tot die proefpersone se oorkoepelende kollokasionele bedrewenheid gelewer het, het basiese vorige opleiding in woordeboekgebruik geen positiewe invloed op hulle algehele prestasie gehad nie.

    Keywords : werkwoord-bywoord-kollokasies; arabiese evt-leerders; gebruiklike werkwoorde; ongebruiklike werkwoorde; opleiding in woordeboekgebruik; kollokasiewoordeboeke; woordeboekgebruik; aanleerderswoordeboeke.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )