SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    MILLER, Julia; KWARY, Deny A.  and  SETIAWAN, Ardian W.. Koalas, kiwi's en kangaroes: Die uitdagings in die skep van 'n aanlyn Australiese kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n addisionele taal. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.310-345. ISSN 2224-0039.

    In hierdie artikel word verslag gedoen oor 'n aanlyn kulturele woordeboek vir aanleerders van Engels as 'n Addisionele Taal (EAT) in Australië. Potensiële gebruikers wat Engels vir akademiese doeleindes in 'n Australiese universiteitstoelatingsprogram studeer, het die inligting vir elke fase in die skep van die woordeboek verskaf. Daar is oorweging geskenk aan die behoefte aan so 'n woordeboek; terme wat ingesluit moet word; inligting wat benodig word vir elke inskrywing (insluitend oudio- en visuele materiaal); die gebruik van 'n beperkte definiëringswoordeskat; voorbeeldsinne; notas oor die gebruik van elke term; en die evaluering van gebruikersterugvoer nadat die woordeboek aanlyn verskyn het. Data verkry uit die vraelyste dui daarop dat gebruikers spesifiek waarde heg aan die gebruikersvriendelikheid, voorbeeldsinne, en spesifiek Australiese inhoud (insluitend uitspraak gegee in 'n Australiese aksent). Daar word voorgestel dat meer inskrywings bygevoeg word, en dat kulturele woordeboeke geskep word vir ander variëteite van Engels, sowel as vir ander tale.

    Keywords : australies; kultuur; woordeboek; engels as addisionele taal; aanleerderswoordeboek; aanlyn.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )