SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

PRINSLOO, D.J.  and  TALJARD, Elsabé. Afrikataalleksikografie: Gister, vandag en môre. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.427-456. ISSN 2224-0039.

Hierdie artikel het ten doel om 'n perspektief te bied op Afrikataalleksikografie se reaksie op ontwikkelings in die internasionale leksikografiepraktyk met betrekking tot nuwe tendense en veranderinge wat hoofsaaklik deur die elektroniese era teweeg gebring word. Die ontwikkeling van die Afrikataalleksikografie sal met dié van hoofsaaklik Engelse papier- en elektroniese woordeboeke vergelyk word. Drie tydperke van leksikografiese ontwikkeling word onderskei. Daar word geargumenteer dat die algehele prentjie vir die ontwikkeling van Afrikataalleksi-kografie minder gunstig is as dié van Engels en tale soos Duits en Frans. Die fokus is op die beskikbaarheid van woordeboeke, leksikografiese gehalte, die gebruik van nuwe beskikbare rekenaartegnologieë en die gebruik van inligtingsbronne van die inligtingsera. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die leksikografiepraktyk in die Afrikatale in die meeste gevalle nie tred hou met internasionale ontwikkelings in die leksikografie nie en dat die aantal uitdagings vir dié tale toegeneem het. Ten slotte word 'n aantal stukragte geïdentifiseer wat ten goede kan meewerk om die kwaliteit van Afrikataalwoordeboeke te verbeter.

Keywords : afrikataalleksikografie; afrikataalwoordeboeke; aanlyn woordeboeke; gebruikersperspektief; inligtingsera; introspeksie; korpusgebaseerde leksikografie; lemmaseleksie; woordeboekkultuur.

        · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License