SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

VRBINC, Marjeta  and  VRBINC, Alenka. Benaderings tot die hantering van zero-ekwivalensie in 'n tweetalige woordeboek. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.522-539. ISSN 2224-0039.

Die hantering van zero-ekwivalensie in 'n Engels-Sloveense woordeboek (ESD) word in hierdie artikel bespreek. Die afwesigheid van ekwivalente in die doeltaal (DT) word aangedui deur twee simbole: 0 ('n totale afwesigheid van enige ekwivalent) en # (ekwivalensie op die vlak van die volle boodskap eerder as op die vlak van 'n woord). Vyf-en-sestig lemmas in die ESD bevat 'n nul met 'n skuinsstreep daardeur, 'n hutsmerker of albei, maar een inskrywing kan meer as een simbool bevat. Die resultate word uitvoerig voorgehou volgens die woordsoort van die lemmas, en begin met 'n syferkundige ontleding, gevolg deur 'n ontleding van die inhoud van die toeligtende voorbeelde. Daarna volg 'n gedetailleerde bespreking van lemmas wat 'n pragmatiese betekenis uitdruk in die BT, lemmas met leksiko-grammatikale, grammatikale en leksikale verskille tussen die BT en die DT, sowel as lemmas met 'n aantal BT-betekenisse gegroepeer onder een betekenisonderskeiding in die ESD. Die probleem van zero-ekwivalensie word meestal in die ESD opgelos deur die insluiting van vertaalde gebruiksvoorbeelde. 'n Ander metode wat in die ESD gebruik word, is die gebruik van kort beskrywings van die lemma se funksie of van een van sy betekenisse. Op hierdie manier kan 'n meer suksesvolle en deeglike onttrekking van inligting gedoen word tydens elke opsoeksessie.

Keywords : tweetalige woordeboek; konteks; koteks; beskrywings van funksies; gebruiksvoorbeelde; grammatikale verskille; leksikale verskille; leksiko-grammatikale verskille; pragmatiese betekenisonderskeidings; zero-ekwivalensie.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License