SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.27 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    XUE, Mei. Die weergee van die kulturele dimensie van betekenis in aanleerderswoordeboeke - uit die oogpunt van Chinese EVT-leerders in L2-resepsie. Lexikos [online]. 2017, vol.27, pp.578-596. ISSN 2224-0039.

    Betekenis in woordeboeke word beskou as die mees frekwente datasoort wat deur taalaanleerders opgesoek word. 'n omvattende reeks hulpmiddels is ontwikkel om die betekenis van leksikale items in aanleerderswoordeboeke weer te gee. Hierdie artikel begin by die interpretasie van vreemdetaalleerders se leksikografiese behoeftes in spesifieke gebruikersituasies en beoog om die implikasies van die pasmaking van definisies uit 'n kulturele perspektief te ondersoek met spesifieke verwysing na Chinese aanleerders van Engels. Die doel van hierdie artikel is drievoudig: i) om die status quo van die leksikografiese praktyk van Engelse aanleerderswoordeboeke te verstaan ten opsigte van die weergee van die kulturele dimensie van 'n leksikale item; ii) om die uitwerking van vreemdetaalleerders se taalkundige en kulturele agtergrond op hul leksikografiese behoeftes te interpreteer ten opsigte van kulturele aspekte by L2-resepsie; iii) om die geïdentifiseerde probleme met die huidige leksikografiese praktyke deur modelartikels aan te spreek. Daar word verwag dat die bevindinge in hierdie artikel lig sou kon werp op die interpretasie van aanleerders uit ander etniese groepe se leksikografiese behoeftes in verskillende situasies en ook 'n bydrae sou kon lewer tot die verbetering van die bruikbaarheid van toekomstige aanleerderswoordeboeke.

    Keywords : Chinese evt-leerders; kulturele dimensie; L2-resepsie; aanleerderswoordeboeke.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )