SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

KIM, Sugene. 'n Leksikografiese benadering tot die onderrig van die Engelse lidwoordstelsel: 'n Hulp of 'n hindernis?. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.196-220. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1462.

In hierdie artikel word verslag gedoen oor veranderings in EVT-leerders se keuse van lidwoorde voor en nadat hulle lesse oor die hoofreëls wat van toepassing is op lidwoordgebruik asook leiding oor die raadpleging van woor-deboeke ontvang het. 'n Steekproef van 43 Koreaanse kollegestudente het dieselfde opdrag uitge-voer waartydens gedwonge keuses ontlok is, een keer as 'n diagnostiese toets en weer as 'n postintervensietoets drie maande later. Anders as in die diagnostiese toets, waarin die deelnemers slegs die korrekte lidwoorde moes kies, is hulle in die postintervensietoets ook gevra om 'n geskrewe weergawe te gee van die besluitnemingsprosesse wat hulle gevolg het. Die ontleding van die diagnostiese toetsresultate, spesifiek die items wat die onbepaalde lidwoord of die zero-lid-woord vereis het, het getoon dat EVT-leerders sukkel met onbepaalde naamwoordgetalle, wat die belangrikheid van duidelike leksikografiese hantering van sodanige inligting beklemtoon het. Die postintervensietoets en die ontleding van die geskrewe hardop-dink-data het daarop gedui dat, alhoewel die gebruik van 'n verklarende woordeboek met vertalings oor die algemeen nuttig is vir nominale telbaarheid, die raadpleging van 'n woordeboek soms gebruikers kan verhinder om lidwoorde korrek te gebruik. Spesifieke probleemareas word bespreek.

Keywords : lidwoordstelsel in engels; nominale telbaarheid; lid-woordgebruik; verklärende woordeboek met vertalings; koreaanse evt-leerders.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License