SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

YE, Ying; WEI, Xiangqing  and  SUN, Wenlong. Verhoging van die leerbaarheid van Chinees-Engelse woor-deboeke vir aanleerders van Chinees as vreemde taal: Die vergete nalaten-skap van Robert Morrison in sy samestelling van WWuche Yunfu (1819). Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.405-427. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/28-1-1471.

In vorige studies van aanleerderleksikografie is ontwerpkenmerke van beide die inhoud en aanbieding van aanleerderswoordeboeke die twee belangrikste navorsingsaspekte. Die kwaliteitsbepaling van aan-leerderswoordeboeke dek ook hierdie twee dimensies. Terme wat gebruik word vir hul evaluering is onderskeidelik "bruikbaarheid" of "beskikbaarheid" vir eersgenoemde en "vindbaarheid" of "toe-ganklikheid" vir laasgenoemde. Die leksikografiese begrip "leerbeerheid", wat die gebruikers se verwysings- en aanleerdersbehoeftes in ag neem, bly egter eintlik teoreties en prakties onontgin. Vergeleke met die kenmerke van woordeboekontwerp waarna hierbo verwys is, behoort "leerbaar-heid" as die ontwerpfilosofie van aanleerdersleksikografie ernstiger oorweeg te word. In hierdie artikel word gepoog om die leksikografiese konsep van "leerbaarheid" te ondersoek met behulp van die vergete nalatenskap van Robert Morrison in sy samestelling van Wuche Yunfu (1819)1, wat gekenmerk word deur 'n hoë mate van leerbaarheid soos geïllustreer in die woorde-boekinskrywings. Morrison se baanbrekerswerk kan van hulp wees met die konseptuele verheldering van "leerbaarheid" in die samestelling van aanleerderswoordeboeke, veral tweetalige aanleer-derswoordeboeke. Bowenal word daar gehoop dat die erkenning van Morrison se leksikografiese praktyk tot voordeel van die toekomstige produksie van beter Chinees-Engelse woordeboeke vir nie-moedertaal Chinese aanleerders sal wees.

Keywords : leerbaarheid; aanleerdersleksikografie; leerders van chinees as vreemde taal; wuche yunfu; chinees-engelse woordeboeke; tweetalige woordeboeke; leksikografiese praktyk; leksikografiese konsep; werkslading; aanleerdersbehoeftes.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License