SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.28 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    PTASZNIK, Bartosz  and  LEW, Robert. Watter leerhulpmiddels in die betaalde aanlyn weergawe van die Longman Dictionary of Contemporary English vind gevorderde leerders van Engels nuttig?. Lexikos [online]. 2018, vol.28, pp.448-460. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/28-1-1474.

    Die doel van hierdie artikel is tweërlei: om (1) kortliks die leerhulpmiddels van die Longman Dictionary of Contemporary English (LDOCE6) wat tot die beskikking van Engelse leerders in die betaalde aanlyn weergawe van die woordeboek (sesde uitgawe) is, te beskryf; en om (2) die resultate wat verkry is uit die vraelys wat aan 114 studente van Engels aan die Universiteit van Warmia en Mazury in Olsztyn voorgelê is, weer te gee. Die deelnemers het 'n vraelys waarin hulle gevra is om die bruikbaarheid van die leerhulpmiddels van die betaalde aanlyn weergawe van LDOCE6 te beoordeel, voltooi. Die eerste afdeling van hierdie artikel stel die leser bekend aan die vyf belangrikste Britse eentalige aanleerderswoordeboeke wat tans beskikbaar is en ook aan die mees prominente kenmerke van LDOCE. Die tweede afdeling is 'n beskrywing van die leerhulp-middels wat tot die beskikking van die Engelse leerders in die betaalde aanlyn weergawe van LDOCE6 is. In die volgende afdeling word verder uitgebrei oor die vroegste vraelysstudies wat uit-gevoer is in die woordeboekgebruiksveld en 'n paar van die problematiese aspekte rondom hierdie navorsingsmetode word bespreek. Ten slotte word die resultate van die vraelys weergegee met 'n kort bespreking daarvan.

    Keywords : longman dictionary of contemporary english; aanlyn woordeboeke; vraelyste; aanleerderswoordeboeke.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )