SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.29 author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

HUANG, Jianhua  and  XU, Hai. Gedagtes oor die samestelling van die Grand dictionnaire chinois-français contemporain. Lexikos [online]. 2019, vol.29, pp.324-338. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/29-1-1524.

Hierdie artikel bespreek hoe die Grand dictionnaire chinois-français contemporain (GDCFC, 2014), een van die grootste Chinees-Franse woordeboeke, ontwerp en saamgestel is. Weens die beperkte hulpbronne in die taalpaar Chinees en Frans, is die GDCFC as 'n tweerigting- tweetalige woordeboek ontwerp. Om te voorsien in die behoeftes van Chineesspre-kende aanleerders van Frans, die hoofgebruikersgroep, het die GDCFC die lemmalys, sowel as die inligting oor Franse ekwivalente in terme van hul frekwensie, grammatika en register, uitgebrei. Om aan te pas by die behoeftes van Franssprekende aanleerders van Chinees, die sekondêre groep, het die GDCFC sommige trefwoorde wat geklassifiseer kan word as streeksvariante van Chinees ingesluit, en ook nuttige inligting oor die formulisme en plooibaarheid van Chinese karakters (in die besonder klassifiseerders), verskaf. Sommige ander kenmerke soos die aanduiding van woord-soort en ekwivalente in konteks, en die daarstelling van 'n semantiese netwerk van terminologie, is ontwerp om albei gebruikersgroepe daarby te laat baat vind. Die samestelling van hierdie woorde-boek het ook implikasies vir die samestelling van ander hulpbronbeperkte tweetalige woordeboeke.

Keywords : chinees-franse woordeboek; tweerigting; ontwerpken-merke; gebruikersbehoeftes.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License