Services on Demand
Article
Indicators
Related links
- Cited by Google
- Similars in Google
Share
Lexikos
On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904
Abstract
ESANDI-BAZTAN, M.A. and FUERTES-OLIVERA, Pedro A.. Die selektering van 'n aanvanklike lemmalys in gespesiali-seerde leksikografie: 'n Gevallestudie in die veld van die grafiese ingenieurs-wese. Lexikos [online]. 2020, vol.30, pp.1-33. ISSN 2224-0039. http://dx.doi.org/10.5788/30-1-1596.
Gespesialiseerde leksikografie in die grafiese ingenieurswese het nog nooit oor 'n hulpmiddel in woordeboekformaat wat kennisverwerwing vir studente vergemaklik asook hul spesifieke leksikografiese behoeftes binne 'n tegniese konteks op universiteitsvlak bevredig, beskik nie. Hier-die artikel bied 'n aanvanklike lemmalys vir 'n Spaanse woordeboek in die veld van die grafiese ingenieurswese aan. Die Delphi-metode is gebruik om gesaghebbende konsensus in hierdie area te verseker. Daarbenewens is twee gelykstaande professionele opnames deur 'n kundige uitgevoer en deur kundiges bekragtig. Die fundamentele konsepte is oorweeg, óf weens die uitdagings wat hulle verteenwoordig, óf weens hul belangrikheid binne ons kennisveld waarvoor ingenieursdokumente en tegniese standaarde met tegniese grafiese elemente aangewend is. Studente het aan die proses deelgeneem om sodoende ooreenkomste en verskille tussen beide groepe deelnemers in aanmerking te neem. Hierdie artikel sluit enersyds af met 'n finale lys aanvaarde konsepte en andersyds met 'n lys addisionele vae konsepte wat woordeboekgebruikers se behoeftes sou kon bevredig en die ontstaan van 'n funksionele aanlyn woordeboek sou kon vorm.
Keywords : gespesialiseerde leksikografie; funksionele aanlyn WOORDEBOEK; DELPHI-METODE; GEBRUIKERSBEHOEFTES; GESAGHEBBENDE KONSENSUS; GRAFIESE INGENIEURSWESE; WAARGENOME MOEILIJKHEIDSGRAAD VAN KONSEPTE; VOORAFKENNIS.