SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Lexicography and Language Planning in 18th Century SwedenSelecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic Engineering author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Article

Indicators

Related links

  • On index processCited by Google
  • On index processSimilars in Google

Share


Lexikos

On-line version ISSN 2224-0039
Print version ISSN 1684-4904

Abstract

HUANG, Fang  and  TARP, Sven. Woordeboeke geïntegreer in Engelse aanleerderstoepassings: Kritiese kommentaar en voorstelle ter verbetering. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.1-25. ISSN 2224-0039.  http://dx.doi.org/10.5788/31-1-1626.

Digitale toepassings wat as hulpmiddels in die aanleer van taal gebruik word, word toenemend gewild. Kenmerkend van hierdie digitale toepassings is die inkorporering van een of twee woordeboeke om die diens wat gelewer word, te verbeter sodat gebruikers nie die toepassing hoef te verlaat om eksterne bronne te raadpleeg nie. In hierdie artikel word aandag geskenk aan die twee woordeboeke wat in 'n aanleerders-toepassing vir Chinese leerders van Engels gebruik word. Eers word 'n beskrywing gegee van die funksionering van sowel die toepassing as van die twee woordeboeke wat verskillende funksies in die toepassing vervul. Daarna word gefokus op die woordeboek wat in die kursushandleidings geïntegreer is en wat geaktiveer kan word deur op 'n woord of meerwoordige eenheid te klik. 'n Aantal leemtes soos die inkonsekwente hantering van woorde en begrippe, data-oorlading, moei-like toegang, en hinderlike posisie van die opwipvenster wat die leksikografiese items vertoon, word bespreek. Hierdie gebreke mag 'n negatiewe effek op die motivering van die aanleerders en die aanleerproses in die algemeen hê. Die probleme word teruggevoer na sowel die databasis wat die woordeboek steun as na die ontwerp van die gebruikerskoppelvlakke wat die data wat aan die gebruikers aangebied word, sif. Laastens, en geïnspireer deur die klassieke Chinese Xun Gu-tradi-sie, word 'n alternatiewe, konsep-aangepaste benadering wat afwyk van die tradisionele kenmerke van die woordeboekartikel en wat die inhoud van die opwipvenster tot 'n absolute minimum beperk, voorgestel. Sodoende word 'n konsultasieproses wat die aanleerders se leesvloei onderbreek, vermy en word daar gefokus op die aanleerproses.

Keywords : Era Van Mediakonvergensie; Engelse Aanleerderstoepas- Sings; Geïntegreerde Woordeboeke; Ingebedde Woordeboeke; Leksikogra- Fiese Databasisse; Gebruikerskoppelvlakke; Opwipvensters; Konteksbewust-heid; Xun Gu-tradisie; Verpersoonliking; Toevallige En Doelbewuste Leer.

        · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )

 

Creative Commons License All the contents of this journal, except where otherwise noted, is licensed under a Creative Commons Attribution License