SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.31Selecting an Initial Lemma List in Specialized Lexicography: A Case Study in the Field of Graphic EngineeringSpecial Field and Subject Field Lexicography Contributing to Lexicography author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    MALOCHA-KRUPA, Agnieszka. Vroulike persoonsname in Pools. Afleidings- en leksikografiese kwessies. Lexikos [online]. 2021, vol.31, pp.101-118. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/31-1-1630.

    Hierdie artikel skenk aandag aan kwessies rondom die benoeming van vroue in Pools vanaf die tweede helfte van die 19de eeu tot vandag. Die sosio-kulturele geskiedenis van 'n groep Poolse vroulike persoonsname (waarna verwys word as feminitiewe of feminatiewe) wat vroue se sosiale en/of beroepsstatus aandui, word bespreek. Daar word aangevoer dat vroulike persoonsname direk afhanklik was van verskeie ideologieé: die emansipasie van vroue, Sosialis-tiese Realisme en feminisme. Ideologieé het die gebruik van feminatiewe deur middel van die intensivering of beperking van hul gebruik in die redevoering in 'n bepaalde periode bei'nvloed, en die taalgebruikers se houding teenoor ideologieé het 'n uitwerking gehad op die manier waarop feminatiewe waargeneem word. Terwyl die rykheid van die repertoire van gendervoorbeelde in hedendaagse Pools bespreek word, word die moontlikheid van die insluiting van vroulike per-soonsnaamvorme in algemene Poolse woordeboeke op 'n wetenskaplike en objektiewe manier ondersoek. 'n Soortgelyke idee is by die Wroclaw Universiteit voorgestel waarna 'n groep vroulike leksikograwe die Stownik nazw zenskich polszczyzny [Woordeboek van Poolse vroulike naam-woorde] saamgestel het. Sommige van die innoverende leksikografiese aannames (deskriptief, nie preskriptief nie, 'n diskoersgesentreerde metode) word in hierdie artikel bespreek. Die tekskorpus wat in die artikel voorgelê word, stel die leser in staat om die geskiedenis van vroulike persoonsname in Pools, m.a.w. hul verdwying en herverskyning in die taal, na te spoor.

    Keywords : feminativum/vroulike persoonsname; woordvorming; LEKSIKOGRAFIE; TAALKULTUUR; EMANSIPASIE VAN VROUE; FEMINISASIE; GENDER-MORFOLOGIE; GENDER EN TAAL; AFLEIDING; PRAGMATIEK.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )