SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32Sethantso sa Sesotho and Sesuto-English Dictionary: A Comparative Analysis of their Designs and Entries*Teaching Lexicography as a University Course: Theoretical, Practical and Critical Considerations author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    VAN DER MERWE, Michele F.. Teksgebaseerde tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.180-199. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/32-1-1715.

    Die onderwerp van die artikel is die ontsluitingsmoontlikhede van tesourusgebruik in 'n Afrikaanse taalonderrigkonteks in die skoolklaskamer. Die tesourus is een van die oudste naslaanwerke in die geskiedenis van leksikografie; tog word dit nie in die aantal navor-singsartikels rakende die onderwerp gereflekteer nie. 'n Tesourus blyk nie 'n algemene fokuspunt van leksikografiese navorsing of opvoedkundige leksikografiese navorsing te wees nie. In 'n poging om die gaping in die literatuur te oorbrug, word daar oor die doel en leksikografiese funksie van 'n tesourus besin, veral in 'n taalonderrigkonteks. Die taalonderrigkonteks word vervolgens belig met verwysing na voorgestelde tesourusgebruik in skoolkurrikuladokumente, aangesien dit rigtinggewend is vir onderrigraamwerke in skole. Teksgebaseerde tesourusgebruik in die taalonderrigkonteks word aanbeveel en gemotiveer teen die agtergrond van 'n ondersoek na 'n tesourus en tematiese woordeboekafdelings. Aanbevelings vir enkele verbeterings tot leksikografiese produkte word vanuit 'n opvoedkundige leksikografiese perspektief gemaak ten einde optimale gebruik van 'n tesourus in 'n taalonderrigkonteks te verseker.

    Keywords : tesourus; teksgebaseerd; taalonderrigkonteks; woordeboekfunksie; opvoedkundige leksikografie; sinoniem; semantiese verhouding; woordeskatuitbreiding; woordeskatbenoeming; taalvariant.

            · abstract in English     · text in Afrikaans     · Afrikaans ( pdf )