SciELO - Scientific Electronic Library Online

 
vol.32Performing Non-sexism via Degendering Phorie Forms in English: The Gap between Rules and Practice as Observed in the 9th Edition of Oxford Advanced Learner's Dictionary of Current EnglishLexicographic Treatment of Negation in Sepedi Paper Dictionaries author indexsubject indexarticles search
Home Pagealphabetic serial listing  

Services on Demand

Journal

Article

Indicators

    Related links

    • On index processCited by Google
    • On index processSimilars in Google

    Share


    Lexikos

    On-line version ISSN 2224-0039Print version ISSN 1684-4904

    Abstract

    BARATTA, Alex. Gestigmatiseerde woordeboeke bevat 'n gestigmatiseerde variasie van Engels: Die gebruik van aanlyn woordeboeke van Koreaanse Engels as onderrighulpmiddel in die EVT-klaskamer. Lexikos [online]. 2022, vol.32, pp.250-271. ISSN 2224-0039.  https://doi.org/10.5788/32-1-1726.

    In hierdie artikel word daar op die praktykgefokus: Daar word uiteengesit hoe aanlyn woordeboeke as pedagogiese hulpmiddels vir onderwysers in die Engels-as-Vreemde Taal- (EVT)-klaskamer gebruik kan word. Aanlyn woordeboeke wat oor die algemeen geskep word deur 'leke', en nie professionele leksikograwe nie, word bespreek, en die tersaaklike woordeskat het betrekking op die uitbreidende kring van Engels, soos die wat verbind word met die Verre Ooste, met Koreaanse Engels wat hier aangebied word as verteenwoordigend van hierdie kring. Aanlyn woordeboeke, veral die soorte wat hier beskryf word, word egter dikwels, gebaseer op oordele rakende hul akkuraatheid en weens die gebrek aan prestige aangesien hulle nie saamgestel word deur professionele leksikograwe nie, as negatief beskou. Boonop word die varieteite van Engels wat buite die konteks van die standaard binnekring varieteite (bv. Amerikaanse Engels) val, dikwels beskou as onjuis en/of minderwaardig aan die standaard varieteit wat deur moedertaalsprekers van Engels gebruik word. Die standaard binne-kring-varieteit word inderdaad dikwels beskou as die standaard. In hierdie artikel word daar egter gepoog om te demonstreer hoe beide aanlyn woordeboeke en die uitbreidende kring van Engels in die EVT-klaskamer 'n rol kan speel. Sodoende kan wyer kwessies rakende linguistiese vooroordeel en oorheersing aangespreek word om 'n meer gelyke benadering tot taal te verskaf wat die aanlyn samestelling daarvan kan insluit.

    Keywords : aanlyn woordeboeke; standaard engels; binnekring engels; nie-binnekring engels (nbke); uitbreidende kring van engels; koreaanse engels; interkulturele kommunikasie; vertaling.

            · abstract in English     · text in English     · English ( pdf )